Wie moet die blaam dra?

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

Die Springbokke se afrigter Allister Coetzee het Saterdag na die loesing van 21-37 teen Engeland op Twickenham weer die blaam vir die neerlaag voor die deur van die spelers gelê.

Die spelers se onvermoë om die akkurate lugskoppe van die Engeland te hanteer, en ook hulle verdediging, is deur Coetzee as redes vir die neerlaag uitgewys,

Ná die Barbarianswedstryd, wat die Bokke ʼn week gelede op die nippertjie gered het deur 31-elk gelykop te speel met die laat drie van Rohan Janse van Rensburg, het Coetzee gesê die verdediging en die omdraaibesit van die Springbokke was die probleem.

Absoluut korrek. Maar daar is twee vrae daaroor: wie moet die foute uitstryk? Tog sekerlik die afrigter?

En as dit nie gedoen kan word nie omdat die spelers dit nie verstaan of implementeer nie, is die volgende vraag: wie het die spelers gekies?

Die blaam is dus weer na die spelers verskuif. Dié keer het hy darem sy ondeurdagte stelling ‘dat daar nie beter spelers is as wat gekies is nie’ effens ter syde laat lê. Spelers moet geleer word hoe belangrik individuele foute is en die verantwoordelikheid daarvoor neem – en as ander spelers gekies moet word om die span te versterk, sal dit gedoen word, het hy na die Twickenham-wedstryd gesê.

Hoekom nou eers, nadat die span al tien toetse lank sukkel? wil-wil ʼn mens vra.

♦  Die voormalige Springboksenter en -losskakel Hennie le Roux, het verlede week in ʼn artikel die stelling gemaak dat die spelers nie vertroue in Coetzee as afrigter het nie.

Dalk is Stransky reg. Na tien toetse en die Baabaas-wedstryd moes daar darem seker al ʼn verdedigingspatroon posgevat het, of hoe? En moenie die feit as verskoning gebruik dat JP Ferreira vir die toets die derde verdedigingsafrigter in ses maande geword het nie. Hy is nie ʼn towenaar nie en kan nie ʼn krok binne twee weke in ʼn sportmotor verander nie.

♦  Daar moet darem al so ʼn tikkie tegniek oorgedra wees oor hoe om die bal by die afbreekpunte te behou. Die ander spanne, en nie net die grotes nie, kry dit dan reg – en ook Rohan Janse van Rensburg, wat om een of ander stiksienige rede nie speelkans kry nie, en ʼn absolute voorbeeld is van hoe om die bal beskikbaar te stel na hy getêkkel is.

♦  Na Saterdag se wedstryd het Coetzee die spelers ook blameer vir swak verdediging en dat hulle te stadig op die verdediging opkom. Hulle was glo ‘te passief’.

Ja, hy’s reg. Terugblik is ʼn wonderlike ding.

Maar wáárom hierdie foute? Is Pieter-Steph du Toit sommerso op flank ingesit sonder dat daar ʼn patroon was van wie waar om die skrums en losskrums verantwoordelikheid moes neem vir welke aanvallers?

Elke span het ʼn posisionering- en ʼn kommunikasie-stelsel. Behalwe die Bokke, wil dit mos lyk.

Het Coetzee, as die spelers dan so stadig op die verdediging opgekom het, nie rustyd of selfs deur die loop van die wedstryd, ʼn boodskap aan hulle daaroor oorgedra nie? En as hulle dit dan nie geïmplementeer het nie, waarom nie?

♦  Daar is nog talle vrae. Een van hulle is of Saru passief gaan bly en maar net eenvoudig toesien hoe die vlagdraer van die nasionale sport verder die afgrond intuimel. Want met Coetzee in beheer, is dit waarheen SA rugby op pad is.

Tien toetse gespeel, vier gewen …

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johan Swart ·

Kies die hele Lions agter lynd wat in die groep is met Lambie op heelagter en zulango op die ander vleuel

Thyskotze ·

Is dit nou nie eronies nie die enigste driee wat geďruk was oud cheethas ek wil nou nie rasisties klink nie net my keel skoonmaak nag ou grote

Jan ·

Coetzee kry top spelers met uitsonderings van die ou fosiele en onbevoegdes, Dan skryf hy vir hulle voor hoe om te speel. Goeie spelers word voorgeskryf deur n persoon met baie beperke kennis moontlik GEEN kennis nie

Ben ·

Alistair is nie ‘n afrigter nie.Dit was al duidelik toe hy die Stormers se superrugby onderhande gehad het.Hy ry die soustrein en gaan hom bly ry vir die volgende 4 jaar. Ons moet gewoond raak aan verloor – ver verloor!

Jan ·

Voorstel aan die jong bekwame spelers wie deur Coetzee beledig word; gaan speel in buiteland, daar word julle gerespekteer. In elk geval het Coetzee die Springbok eer tot niet gemaak

Phillie ·

Was dit nie dalk die opdrag wat hy van mabalula gekry het nie? Vernietig die geliefde sport van die wit man

Harry ·

Ek verstaan nie hoekom die spelers blameer word deur die afrigter nie,hy moet homself blameer eerstens geen spel patroon nie,geen verdedeging nie, spelers uit posisie kies is dit nie sy skuld nie,ek dink so.

Hendri Joubert ·

Seriously, kan ons asb die coach fire, want hy is useless.

louwrens ·

Ja jy weet party speelers maak een fout Dan word hul uitgeskop Damian de Allende maak Elke week foute maar kry Elke keep nog n laaste kans

Phillie ·

Onthou hy is oud WP. En dus nog steeds provinsialisties dink

Jan ·

De Allende is seker familie? Hy hoort nie eens in n provisional 3de span nie

Pietser ·

De Allende was die beste agterspeler gister, hy en sy sentermaat. Die ander agterspelers was useless.

wdp ·

Privatiseer rugby insluitend Springbok rugby
Kies spelers op vorm
As jy in die Springbok trui speel moet jy klaar fiks wees, balle kan vang, kan duik ens.
Kies ‘n afrigter wat ten minste al ‘n super 12 gewen het
Kies die beste spelers
Hoekom vir die wêreldbeker wat oor 3 jaar is mik, as Springbok moet jy elke wedstryd wen
Hulp Afrigters moet ook al hul self bewys het

Johan Bakker ·

As Allister Coetzee uit sy hotelkamer gekom het en die wedstryd bygewoon het, sou hy gesien het dat die fout van verdediging by Patrick Lambie begin het. Die senters moes elke keer sy werk doen en dan was daar soveel Engelse oor dat die arme vleuels en heelagter twee of drie spelers gehad het om te keer. Rudie Paige was NOOIT by die afbreekpunte nie en moes nooit eers op die vliegtuig Europa toe gewees het nie. Coetzee moet ophou om ander vir sy foute te blameer.

Phillie ·

Jy slaan die spyker perfek op die kop met jou persepsie. Ook Rudi is net so voorspelbaar soos Pienaar. En vrek stadig met skoonmaak maar voorspelers dink hulle wet wat ‘n skrumskakel moet doen

Boos verby ·

‘n Maarskappy se werkers is so goed soos die persoon wat aan die stuur van sake is. ‘n Rugbyspan is so goed soos sy afrigter. Pieter Stef het nie besluit om flank te speel nie, dit was vir hom gekies. Ongelukkig is die spelers wat nie op vorm was nie ook gekies gewees. Hoe kan dit die spelers se skuld wees? Die nie op-vorm spelers het nog verder hul name deur die modder gesleep en die goeie spelers lyk middelmatig. Wonder wat die telling sou wees as ons die All Blacks gespeel het?

Juan ·

Hoekom die coach blameer? Ja daar is seker beter maar wie? Niemand stel belang in ons politiekse rugby span nie.. ek blameer die spelers.. ons skop die hele tyd die bal weg, sonder die bal kan ons nie drie druk nie.. en wat dit erger maak is ons soek nie die bal nie.. skop die bal weg sonder enige chase.. die manne moet weet hoe om tetackle.. hoe om tepass.. hoe om a bal tevang? Die enigste probleem wat ek met die coach het is sy speeler keuse.. hoekom JP Pietersen? Hoekom Rudie Paige? Hoekom Damian De Allende? Hoekom Patrick Lambie.. hulle amal is useless en verdien nie die groen en goud trui nie.. as dit gaan oor kleur is daar baie beter as wat ek net genoem het.. ek wens net ek kon a kans kry om a span tekies.. ek glo ek sal a beter span kan kies..

Shane ·

Ek is nou nie ñ rugby Kenner nie Maar dit maak nie saak nie want ons speel nie rugby nie. Dit is so Maklik vir die ander spanne on ons game te Lees. Hulle lag te lekker want ons het die game rugby Maklik gemaak. Almal weet iemand gaan skop sonder om te chase. Of dit nou die scrum skakel is of die los skakel of sommer die vlank of hakker planloos sal iemand skop en die teenstander het die wereld se tyd om die bal te vang en te teen aanval. Ons is so bang vir regte rugby dat ons die bal skop voor iemand ons tackle. EN Dan weet die teenstander presies waar die swak defence is en Hy peil Dan reg op daai swak punt af. Hou op dreig Alister. Jaag weg die has beens en soek regte rugby spelers wat ons land wil verteenwoordig met eer. Daar is baie potentiaal daar buite. Jy speel dieselfde loser oor en oor en hoop dinge sal reg kom.Glo my dit sal nie. Daai spelers gaan jou werk kos. Beweeg weg van vriende se kinders.

Waghond ·

Foute begaan deur die afrigter wat immers die span kies:
JP is ‘n hasbeen (so ook Habanna).
Strauss het die toets as kaptein gedop.
Beast speel net sowat 50 min rugby.
Lambie het nie BMT nie en kan nie spel op nr.10 dikteer nie.
Stef is nie ‘n flank.
Venter het nie aan die verwagtinge voldoen nie en sy sentermaat was vanjaar glad nie op vorm nie.
Alberts is hopeloos te stadig.
Page skop onoordeelkundig en te veel.
Willie moet leer om die hoe balle te trotseer.
Allister moet die spelers wat vorm het en die regte kombinasies kies, ongeag hul velkleur.

CdV ·

Definisie van ‘n SWAK leier pas AC se optrede – ‘n Tipiese kenmerk van ‘n persoon wat “oorgepromiveer” is en teleurstellende uitsette lewer is dat so ‘n ” leier” entlik ‘n lae selfbeeld en lae Emosionele IK (EQ) het, wat swak besluite onder druk neem en homself van sy eie onvermoe distansieer, deur blaamverskuiwing. # Dit maak my dieselfde dink van die wat hom aangestel het.

callie ·

Baie korrek opgesom. Is dit nie maar ons hele politiek ook nie. Syfer nou net deur na alles

Frans C ·

Net soos ‘n swak ambagsman sy gereedskap blameer, blameer ‘n swak afrigter sy spelers wat hy self gekies het.

Gatvol ·

Een ding wat soos ‘n paal bo water staan vir AC en sy spelers : hulle speel baie konstante rugby, so konstant dat hulle elke wedstryd aan die verloorkant is.

LOSKOP ·

Ons arme Blesbokke verloor toe maar weer as gevolg van 1 swak span keuse 2 swak afrigting 3 swak kombinasies 4 R j v Rensburg kan seker nie die Volkslied sing nie , daarom mag hy nie vir die Blesbokke speel nie,
De Allende het in die hele wedstyd die bal 6 keer gedra en slegs 2 meter veld gewen Van rensburg is nou n moet vir die span saam met Venter of Mapoe.
DAN MOET DAAR VAN A C ONSLAE GERAAK WORD EN VINNIG OOK HY IS EN WAS NOG NOOIT N GOIE AFRIGTER NIE .Maar dit is seker wensdenkery want hy is n n B E E aanstelling, DIE BLESBOKKE BEHOORT SEKER SATERDAG MET ITALIA AF TE KAN REKEN MISKIEN O MISKIEN

Brain ·

AC kies nie self die span nie. hy stel ook nie self die wedstrydplan op nie. stampkar rugby is lankal verby.

Dink jy regtig hy sou du toit bo Carr gekies het as hy n keuse gehad het.Goosen van oorsee af bring maar nie vir Aplon en Kolbe nie.

toe die Bokke onder PDV wen 2009 was dit die seiir spelers wat self afrig, toe hulle verloor toe is dit hy.

Koos ·

Allister Coetzee moet 95% van die blaam vir die rugby Springbokke se power vertonings van die afgelope tyd dra. Hy is planloos, strategieloos, sonder enige visie, en net eenvoudig hopeloos. Sy spankeuses is beroers en hy hou aan om spelers wie se rakleeftyd lankal verby is, in te span: Bryan Habana, JP Pietersen, Adriaan Strauss. Hy speel spelers uit hul gewone posisies uit en doen die belaglike om slotte as losvoorspelers te kiese . Hy word bygestaan deur hulpafrigters wat niks bydra tot die sukses van die span nie, bepaald die agterlyn hulpafrigter. Begin bo en pos Allister Coetzee onmiddellik. Sedert hy die afrigter is, het die span van erg na erger gegaan en doen hy die ongelooflike om die spelers vir hul mislukking te blameer.

Leon ·

Ek lees die springbok afrigter sê..”die koppe gaan rol” Hulle moet maar met sy kop begin want hy kies die spelers.! Is dit nie ironies dat die afrigter van die jaar nêrens verskyn as n afrigter by die springbokspan nie.! I rest my case.!

Arie ·

Daar is al die bewyse – transformasie maak rugby dood, maar dit is wat hulle wil doen

Jonathan Butler ·

Die problem met ons rugby is die volgende

Van afrigter Allister Coetzee af boontoe almal by SARU

Penny ·

Dis jammer dat die goeie naam van die Bok so vernietig word deur n Bende,Coetzee,Stick ,en die vet katte in SARU,dit gaan vir hul oor mag en geld ,hul het geen idee van n wedstryd plan ,ha ha ,ha

dries ·

Ek glo nie Coetzee is n Nasionale afrigter wat internasionale games kan speel. Hy doen goed met provinsiale afrigting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.