Wie se têkkel is die ergste: Farrell of Pieterse?

Ryno Pieterse in aksie vir Castre. Foto: Fred Scheiber/AFP.

Ryno Pieterse, die voormalige Blou Bul-speler, word omtrent op oorsese sosiale media gekruisig vir sy plettervat op Bordeaux se Maxime Lucu.

Volgens die veteraanskeidsregter Nigel Owens kan die 23-jarige slot deur ’n baie lang skorsing in die gesig gestaar word. En dit lyk seker nie goed nie: ’n Groot voorspeler wat deur die lug vlieg om ’n veel ligter speler plat te duik.

Maar hoe vergelyk dit met een van Owen Farrell se duikslae – veral daardie een op ’n jong Charlie Atkinson in 2020?

Owen Farrell. Foto: Twitter.

Die Engelse speler is toe ook met ’n rooikaart van die veld gejaag nadat hy die (toe) 18-jarige Atkinson disnis met sy arm in ’n wedstryd tussen Saracens en Wasps geloop het.

Andy Goode, wat Pieterse se poging as “sinneloos” bestempel het, het toe ook sy mond oor Farrell uitgespoel.

“Hy probeer altyd om iemand hard te têkkel en hy doen dit gereeld hoog. Dit moet glad nie eens saak maak dat sy naam Owen Farrell is nie – hy verdien die straf wat hom toekom,” het die oudlosskakel destyds geskryf.

Jim Hamilton – ’n voormalige Saracens-slot – het op Twitter gesê dat dit een van die swakste têkkels was wat hy ooit gesien het.

’n Onafhanklike tugkomitee het Farrell egter vir net vyf wedstryde geskors – en dit ná gevaarlike kontak met Atkinson se nek.

Mark McCall (Saracens se direkteur van rugby), Eddie Jones (Engeland-afrigter) en die stigters van ’n liefdadigheidsorganisasie met wie Farrell nou bande het, het in die Engelse kaptein se guns getuig.

“Dit is deur die Engelse rugby-unie, die speler en die tugkomitee aanvaar dat die oortreding eerder roekeloos as opsetlik was,” het Mike Hamlin (tugkomitee-voorsitter) gesê.

Besluit maar self wie se plettervat is die ergste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Baardman ·

Pieterse moet kry wat na sy kant toe gaan kom. Rugby is ‘n harde game, maar sy duikslag was onnodig.

Boer ·

As Maxime Lucu nie die bal geskop het nie en het die bal in sy hande gehad dan was die n fair harde tackle. Al hoekom hy n rooi kaart gekry het die tackle was laat. Die tackle was nie hoog nie en hy het ook sy harms gebriuk om Maxime te tackle. Die ander kant Owen is bekend om sy non arm skouer tackles te doen en die dag toe hy Atkinson getackle het was dit platand om die nek en hy kon daai jong man se lewe gekos het. die feit dat Pieterse se tackle laat was is reg in my oe miskien 2 weke geskors. Maar soos ons almal weet die Engelse gaan weer gal braak want Pieterse kom van Suid Afrika af.

Daleen ·

Platand -geen so woord in afrikaans nie neem aan jy bedoel blatant…..

Irma ·

Nee genugtig, hy moet definitief vir ‘n paar wedstryde geskors word.

B-Man ·

Farrell s’n is beslis erger. Ryno s’n lyk en voel sekerlik net erg, maar dit was nie te hoog nie en dalk net ‘n rapsie te laat.

Anoniem ·

2 sekondes was die verskil tussen ‘n briljante wettige duikslag en ‘n ongeoorloofde laat duikslag, dis al. Dit kan hoegenaamd nie met Farrel se algemene ongeoorloofde geen arms duikslae vergelyk word nie.

pompies ·

Snaaks hoe gewillig Nigel Owens is om SA spelers uit te haal of af te kraak want hy mag mos maar want hy het dan SA uit die wereld beker uit geblaas met sy skelm streke. As dit nou n All black of Wallabie was was dit net n gewone laat vat.

koos10 ·

Snaaks dat so ‘n duikslag op Faf ‘n paar weke terug, as aanvaarbaar beskou is deur die skeidsregter. Sy woorde was dat die duikslag reeds begin het voordat die bal geskop was. Dubbelstandaarde vier hoog gety!!

Pretorianer ·

Farrell is n gereelde oortreder en moes lankal baie swaarder gestraf gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.