‘Wil Sanzaar hopelose, geruïneerde gemors hê?’

Jaco Peyper – blaas in die Superrugby-eindstryd (Foto: Facebook SA Rugby)

Dit lyk of die Sanzaar-base vasbeslote is om die Superrugbyeindstryd in ʼn “hopelose, geruïneerde gemors” te laat ontplof.

Dis The New Zealand Herald (Auckland) se bitter woorde oor die aanstelling van Jaco Peyper as skeidsregter vir die kragmeting tussen die Lions en die Crusaders Saterdag op Ellispark.

The Press (Canterbury) waarsku op sý beurt dat Sanzaar in dié opsig ʼn koorddans uitvoer.

Volgens die Herald het Sanzaar slegs een taak met die oog op die eindstryd gehad – die aanstelling van neutrale wedstrydbeamptes – en dié het hy glo verbrou.

Daar word steeds geteem oor Beauden Barrett se geel kaart.

Rakende Sanzaar se standpunt dat Peyper die beste is, en op meriete aangestel is, bevraagteken die koerant die deursigtigheid van die aanslagproses.

Ongeag The Press se voorbehoud, wys hy daarop dit verkeerd sal wees om Peyper se integriteit en vermoë te bevraagteken, en vooraf beskuldiging van vooroordeel is onsinnig en snert. Dit sal sy loopbaan skaad.

Hy meen die Crusaders kan eerder oor die TV-skeidsregter, Marius Jonker, as oor Peyper bekommerd wees.

Die blad roep ook in herinnering dat die Crusaders hul jongste vier wedstryde gewen het waarin Peyper die skeidsregter was.

The Press se bekommernis spruit uit die moontlikheid dat Peyper onder die druk van die oomblik kan swig.

“Dis veel gevra van ʼn skeidsregter om kalm te bly terwyl 60 000 van sy landgenote die Lions koorsagtig aanvuur om hul eerste titel te wen.”

Die blad vrees Peyper moet dalk laat in die wedstryd ʼn moeilike beslissing vel. Gesien rugby se ingewikkelde reëls is dit heel moontlik, “en dan kan die duiwel los wees”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nico ·

Die koerant is nou net soos hulle nasionale span wil net kla hoop hulle kan iets positief skryf as die lions n ordenlike wen aanteken ek voorspel die crusaders gaan 2 geel kaarte kry wat hulle gaan verdien en n ordentlike loesing viva lions

Gerhard ·

Hoekom is hul stil oor die NZ wat verlede jaar die eindstryd hanteer het. Klakouse van formaat en boonop swak verloorders. Skeidsregters moet meer bedag wees op hul negatiewe spel.

Jaybee ·

Persoonlik sou ek ‘n neutrale skeidsregter in beheer van die wedstryd wou sien asook neutrale hulp en TV skeidsregters. N skeidsregter soos Owen van Engeland sou my keuse wees. Dan kan die Nieu-Seelanders nie kla nie.

Jan Botha ·

Snaaks hoe vinning hulle vergeet dat n NZ ref die 2016 finaal geblaas het tussen die Lions en die Canes

CdV ·

Tipiese NZ sielkundige “mind games”. As jy nie die wedstryd kan wen nie, gaan vir die ” ref”

Basjan ·

Netso CdV! My som dit mooi op. “Mind games” deur NZ is die ding.

Van Wyk ·

Die NZ landers braak gal oor hul span se verloor Saterdag en oor die geelkaart, hoewel Peyper nie ‘n foutlose wedstryd geblaas het nie het rugby op die einde van die dag gewen. Barret se lyftaal spreek boekdele terwyl hy probeer wegkom van die verkeerde kant van die losskrum, sy oë is die heeltyd op die bal gerig en ek twyfel nie vir een oomblik dat hy nie geweet het dat hy die bal onwettig speel in daardie posisie nie. Peyper is ‘n goeie skeidsregter en die druk Saterdag sal nie sy hantering van die wedstryd beinvloed nie, kom ons aanvaar hy gaan ‘n beslissing of twee verkeerd roep maar dat rugby gaan wen.

Johan ·

Absoluut, ek stem saam. Ek was n Meester van die tegniek. Virginia Jan Rap water nooit oooit sy kop in n Los skrum gedruk het nie, Sal ek verskoon. Mar lister Jan Rap, dit neem n meester om wat Barret gedoen het, te kan volmaak. Was daar, het die T-hemp. Tweedens, het laas jaar se finaal nie n NZ red in NZ gehad nie? Se maar net, hoor nie die NZ kwaal daaroor nie.

Frans C ·

Stem saam. Hy kon sy bene opgelig het.Feit is hy het geen poging aangewend om nie die bal te speel nie.Dit was beslis ‘n poging om ‘n drie te verhoed.

Henrico ·

Hoekom nou kla as die finaal in SA beslis word….verlede jaar moes die Leeus in NZ gaan speel met n NZ skeidsregter en lynregters van Nz en Australie……..hulle huil nou al om Peyper sover te kry om 50/50 beslissings in hul guns te kry….swak verloorders

Pietman ·

Dis maar die koerant se manier om Peyper vooraf te beinvloed. Nou is Peyper meer onder druk om gunstige besluite vir die Crusaders te neem. Hy gaan dit tien teen een ook doen.

Braam ·

Aggeneee Maroela, het julle ‘n tekort aan argief materiaal. Is dit nou nodig om binne 2 dae dieselfde foto van Peyper te gebruik vir verskillende berigte? Gaan steek bietjie kers op by RT. Die foto is die fokus van die berig!

Fred ·

Crusaders het nie verwag dat die Leeus so hard gaan brul teen die Canes. Dit is nou suur druiwe. Leeus praat nie maar doen dit tussen die vier lyne.
NZ moet gaan huil by Barret en Jaco Peyper is en bly n top ref.
Go Lions!!!

Christo ·

Dit wil voorkom asof Suzy weer opgeroep gaan word! Sy het Mo’s toendertyd die blaamdraer geword vir swak spel.

Peter ·

Soos wat die Saffas laasjaar gemoan het, en gekerm het met hoeveel ander games al, as ons moan oor n patetiese ref soos peyper, sou what, ons leer dit tog by die Saffas, as julle nie moan oor rugby nie, dan word daar gemoan oor die krieket, soos toe julle verloor het hier “die stelsel werk nie d/l” met sri lanka “d/l werk nie” en en en.

Realis ·

Julle spoeg omtrent vuur dat dit eintlik klap. Ek sal graag die kommentare wil sien as Pyper dalk nie na julle Leeu-pypies dans en julle span Saterdag sou verloor nie… Weë die arme man dan! Is julle regtig so desperaat vir ‘n niksseggende ou blikbekertjie?

Marius van Niekerk ·

Suid Afrika het hoeveel jare aan die agterspeen gesuig as dit by skeidsregter beslissings kom. Dink net aan Bismarck se rooi kaart in die toets ‘n paar jaar terug in NZ, wat ons definitief sou gewen het.

Willie ·

Jy is reg Pieter. A B’s ń klomp tjank balies.
Op watter manier ookal, hoop ek die Leeus trap hulle tjank af.

Frans C ·

Wat mens regtig dwars in die krop steek is die negatiewe kommentaar teenoor die Leeus
van mense wat waarskynlik lekker sal kry as die span misluk.Wat maak dit nou saak watter span jy plaaslik ondersteun.Behoort almal wat ware rugbyondersteuners is nie bly te wees dat Suid Afrika weereens ‘n span in die eindwedstryd het.
Toe die Bulle dit gedoen het was alle ware rugbyliefhebbers saam met hulle bly.As die Kings die onmoontlike sou vermag het,sal ‘n mens dan nie saam met hulle bly wees nie.
Laat ons duim vas hou dat die Leeus dit hierdie keer doen.Ek is lankal gatvol vir die NZ
se geteem en meerderwaardigheidshouding.

Dit is tyd dat hul ‘n slag aarde toe terugkom.

Realis ·

Toemaar Frans C. Met Pyper daar is die uitslag in die sakkie. Jou spannetjie gaan wen, so ontspan… Rugby is net ‘n spel, nie die alfa en die omega nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.