Wilco Louw deur Bokke opgeroep ná Coenie arm breek

Coenie Oosthuizen – gebreekte arm. (Foto: GB Jordaan)

Wilco Louw sluit hom Maandagaand by die Springbokspan in Auckland aan.

Die Stormers en Westelike Provinsie se vaskop is na Nieu-Seeland ontbied nadat die Bokke se nommereen-vaskop, Coenie Oosthuizen, Saterdag sy arm in die wedstryd teen die Wallabies gebreek het.

Trevor Nyakane, wat Saterdag op die bank was, is ná net vyf minute se aksie met ʼn oogbesering van die veld af nadat hy Oosthuizen in die 70ste minuut vervang het. Oosthuizen het toe vir die laaste vyf minute weer op die veld gekom toe Nyakane moes afgaan.

Geen verdere inligting is oor Oosthuizen se besering  bekend nie. Hy sal by sy terugkeer ʼn spesialis in Durban spreek.

Louw, wat nog geen toetsrugby gespeel het nie, het Saterdagmiddag nog vir die WP gespeel toe hulle die Vrystaat Cheetahs met 57-14 in ʼn Curriebekerwedstryd geklop het. Hy het ná die wedstryd gehoor hy is deur die Bokke opgeroep.

Ruan Dreyer en Nyakane is die huidige vaskopstutte in die Bokgroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Francois Massyn ·

Die eerste keer sedert 1937 sak daar weer ‘n Louw teen NZ in die voorry. Boy Louw was deel van die 1937 wenspan. En Pieter-Steph du Toit is die kleinseun van Piet “Spiere” du Toit was die All Blacks in 1960 pap geskrum het. Gaan die geskiedenis homself herhaal? Bron: Springbok Rugby-Vasva, sel 082 900 9253

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.