Wit Bulle kry nuwe bloed uit Bloubul-stad      

Tjaart van der Walt.

Tjaart van der Walt.

[promosie-artikel]

Hoërskool Monument in Krugersdorp, oftewel Monnas, se Wit Bulle-rugbyspan verwelkom in November vanjaar hul nuwe rugbybreier, Tjaart van der Walt.

Van der Walt (39) het in sy loopbaan reeds drie Superrugbyspelers, sewe Curriebeker-spelers en vier o.20 SA-rugbyspelers opgelewer. Hy volg in die spore van Hans Coetzee, wat die afgelope drie jaar op kontrakbasis in dié pos gewerk het.

Volgens Johann Calitz, Monnas se skoolhoof, is die skool baie opgewonde om nuwe bloed in hul afrigterspan te verwelkom. Van der Walt, tans van Pretoria, is as provinsiale afrigter betrokke by provinsiale skolestrukture, dien op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) se skole-afrigterspaneel en spog boonop met ʼn hele paar VirSeker Beeld-trofeë in die kas.

Die Wit Bulle in aksie.

Die Wit Bulle in aksie.

“By Monnas is ons prioriteit om aan opkomende rugbysterre, wat droom om ʼn professionele sportloopbaan te volg, die beste leiding te gee sodat hulle die beste kans kry om hul doelwit te verwesenlik. Ons glo Van der Walt kan presies dít bereik,” het Calitz gesê. Hy is passievol en in voeling met die kinders en is as biologie- en wetenskaponderwyser boonop ook ʼn groot akademiese aanwins vir die skool.

Calitz het Coetzee bedank vir die bydrae wat hy by die skool gelewer het.

“Monnas sien nou uit na ʼn splinternuwe hoofstuk onder mnr. Van der Walt en ons glo daar kan op die sterk fondament wat daar reeds is, na nuwe hoogtes gebou word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.