Woodward slaan die spyker op die kop

Sir Clive Woodward (Foto Twitter @rugbyincanada)

Die verwaande Engelse rugbyafrigter Clive Woodward het die vermoë om jou dag te bederf… veral as hy boonop die waarheid praat.

Jare gelede, toe hy nog vir die Britse Leeus in 1980 teen die Springbokke gespeel het, was hy een van die spelers wat altyd in die visier was.

Hy het senter gespeel, en was fier, regop en uitgesproke. Hy het ʼn lyfswaai gehad, maar kon nie die toetsspan haal nie, hoewel hy gedink het hy moes.

Ná sy uittrede het hy ’n suksesvolle afrigtersloopbaan gevolg. Hy het sy eie kop gevolg en was byvoorbeeld in 1998 afrigter van ʼn sukkelende Engelse span wat met 18-0 deur die Springbokke op Nuweland geklop is.

Twee dae voor  die toets het Woodward die span van ʼn hotel neffens Nuweland (waar besoekende toerspanne en die Springbokke jare lank gebly het) na die swierige Mount Nelson laat skuif… en met sy eie kredietkaart daarvoor betaal, omdat die Nuwelandse hotel kwansuis nie aan sy waardes (en aan dié van die vroue en meisies wat saam getoer het) voldoen het nie.

Vir ʼn Suid-Afrikaanse rugbyskrywer was een van die heel genotvolste oomblikke toe die Springbokke in 1999 in Parys Engeland met 44-21 in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi uitoorlê het. Skepdoel ná skepdoel, skepdoel ná skepdoel deur Jannie de Beer, vyf van hulle.

Maar Woodward het laaste gelag deur in 2003 in Perth die Bokke in die uitspeelrondes van die Wêreldbekertoernooi te klop. Onder hom het  Engeland voortgegaan deur die Wêreldbeker dié jaar te verower.

Hy het sy span rondom Martin Johnson, Lawrence Dallaglio, Neil Back en Jonny Wilkinson gebou. Toe hulle aan die einde van die pad gekom het of beseer is, het Woodward in 2004 ook die hasepad gekies en sedertdien op baie tone getrap.

♦  Die afgelope naweek in sy rubriek in die Daily Mail skryf Woodward dat hy bekommerd oor die mededinging tussen die top-toetslande is, want volgens hom kan net drie spanne, Nieu-Seeland, Engeland en Ierland, die WB-toernooi in 2019 in Japan wen.

Hy betreur die agteruitgang van die eens kragreuse, die Springbokke en Franse Hane, en merk tereg op dat geen span na vore getree het om hulle te vervang nie.

Dit help nie om daarvan weg te skram nie. Hoeveel Springbokke het die afgelope twee jaar as wêreldbrekers na vore getree? Malcolm Marx en soms Eben Etzebeth. Wie nog?

Is daar kernspelers soos onder meer Victor Matfield, Bakkies Botha, Schalk Burger, Juan Smith, Bismarck du Plessis, Fourie du Preez, Jean de Villiers, Jaque Fourie en Bryan Habana om leiding te neem?

Van ons heel beste spelers en afrigters is oorsee en ons trap dié kant en dan daardie kant toe oor die Bokafrigter.

Ai, Woodward se rubriek maak seer…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frans C ·

Dit is jammer dat alles soos ‘n kaarthuis inmekaar stort,want die wagwoord van die ANC is kwantiteit bo kwaliteit ,vol klaskamers,vol universiteite ens.

willie ·

En ons almal weet tog wat is die kern van die probleem, maar bly weg skerm daarvan af naamlik meriete/transformasie! Al is al 22 spelers en die afrigtingspan swart, maar is op meriete gekies sal geen regdenkende persoon ñ probleem daarmee hê nie! Dink net hoe voel die swart speler was wel daar is op meriete, hy voel soos ñ kwota speler! Totsiens springbok rugby, ek skeeu nou vir Ierland! Nag ou Grote!

willie ·

Koos1, ek stem saam met wat jy sê, maar dit is presies waarom die 7’s presteer alles is op meriete! Wat 15 man rugby te praat is reeds genoeg gesê!

Nouja = Markus Senekal ·

Dit sal ten minste lekker wees as die boks net een van Clive se drie groot spanne se tjank kan aftrap by daardie toernooi om hul kanse tot die wêreld beker te versuur.

Bos ·

TRANSFORMASIE is die enkele groot probleem. N witseun gaan van klein af nie rugby speel nie en so gaan baie talent verlore en niemand weet van die potensiele verlies nie.

TiJay ·

Vergeet tog van die rugby. Baie beter vir jou gemoed. Jy sal sien!

bgj van der westhuizen ·

wel vergeet van die springboks die anc wil hulle naam verander he en hy doen dit deur die springbok naam af te breuk gee nog n jaar of 2 en hulle sal ook as die proteas wees dus vergeet van ruby die anc weet dit is die wit man se sport en hulle wil dit weg neem om dat hulle ons wil wys wie is nou die baas van die land

Nouja = Markus Senekal ·

Janee het jy nog nie opgemerk dat die meeste koerante en TV stasies na die Springbokke as die Boks of Springboks verwys nie. Ek sal hierdie lot brandsiek bokke nie Springbokke met ‘n hoofletter S of Bokke met ‘n hoofletter B noem nie. Daardie eer moet hul eers verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.