WP bly die span om te klop

Die Westelike Provinsie bly die span in die Supersportreeks om te klop.

Hy het Sondag sy onoorwonne rekord behou deur die Grens op Mdantsane met 45-7 te oorrompel; en die Oostelike Provinsie het die SWD Arende se aanslag by dieselfde geleentheid met 24-21 afgeslaan.

Die tuisspan het eerste bloed geruik en binne vyf minite met 7-0 voorgeloop, maar daarna het die Streeptruie die doellyn met reëlmaat oorgesteek, en was rustyd al 21-7 voor.

Brandon Thompson het 15 punte met ses doelskoppe en ʼn strafdoel vir die wenspan behaal.

♦ Twee geel kaarte aan die SWD Arende in die eerste helfte van hul wedstryd teen die OP Kings het laasgenoemde ʼn houvas op die wedstryd gegee, wat ʼn sterk terugvegpoging van die SWD nie te bowe kon kom nie.

Die OP was rustyd met 10-7 voor, en nog twee doele het die telling teen die 55ste minuut op 24-7 te staan gebring, goed genoeg om ondanks twee doele deur die teëparty te wen.

Die puntemakers –

WP 45 (21) – Drieë: Craig Barry, Dean Muir, Brendan Esterhuizen, Johan du Toit, Jaco Coetzee, Grant Hermanus. Doelskoppe: Brandon Thompson (6). Strafdoel: Brandon Thompson

Grens 7 (7) – Drie: Oliver Zono. Doelskop: Oliver Zono

OP 24 (10) – Drieë: Tango Balekile, Keanu Vers (2), Chris Heiberg. Doelskoppe: Pieter-Steyn de Wet (2).

SWD 21 (7) – Drieë: Johnny Welthagen, Thor Halvorsen, Marlo Weich. Doelskoppe: Leighton Eksteen (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton KLD ·

Ja Piet, maar gaan kyk gerus wie in die Groep is. Verseker by verre die maklikse groep om in te kompeteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.