WP en Leeus gebruik hul Bokke, die Bulle nie

Malcolm Marx (Foto: GB Jordaan)

Malcolm Marx (Foto: GB Jordaan)

In teenstelling met die Goue Leeus en die Westelike Provinsie, sal die Blou Bulle  nie die naweek in hul Curriebekerwedstryd van hul vrygestelde Springbokke gebruik maak nie.

John Dobson het die ietwat onduidelike riglyne wat SA Rugby uitgestuur het, gebruik om die Bokhaker Bongi Mbonambi, wat een van die vyf is wat SA Rugby gesê het mag Curriebekerrugby speel, saam met Juan de Jongh vir die WP se wedstryd Vrydag teen Griekwas gekies.

Die skrywe van SA Rugby het, benewens die vyf wat hulle vrygestel het, ʼn lys van nog vyf spelers genoem wat hulle versoek het nie deur hulle tuisunies gekies moet word nie, hoewel dit van die betrokke unie self sal afhang. Dobson het toe benewens die vrygestelde Mbonambi ook vir De Jongh gekies vir die móét-wen wedstryd teen die WP.

♦ Die Goue Leeus se afrigter Johan Ackermann het die vaskopstut Julian Redelinghuys, wat weens ʼn besering die twee toetse in Australasië misgeloop het, en die haker Malcolm Marx gekies. Hulle is albei op die lys van vrygesteldes en  vervang onderskeidelik vir Robbie Coetzee en Ruan Dreyer, wat albei bank toe skuif

Met Coetzee wat op die bank sit, is daar nie plek in die wedstryd-22 vir Akker van der Merwe nie.

Ackermann het ʼn groot aantal van sy voorste spelers vir die wedstryd teen die OP Kings laat rus of op die bank gekies. Rohan Janse van Rensburg, Ross Cronje en Andries Coetzee is van die gereelde spelers wat hulle op die bank bevind.

♦  Marais het besluit om nie vir Rudy Paige en Trevor Nyakane te kies wat wel vir die naweek se Curriebekerwedstryd vrygestel is nie.

Nyakane was nie by die laaste helfte van die Bulls se Superrugby-veldtog betrokke nie en Paige is al feitlik vier maande by die Springbokgroep, waar hy feitlik geen rugby gespeel het nie.

Marais voel dat dit nie in sy span se voordeel sal wees om hulle binne net ʼn paar dae te laat inskakel by die span nie. Boonop is die Bulle se Piet van Zyl tans kookwater en moontlik die beste skrumskakel in die land.

Hy voel ook dit sal aan die spangees karring as die twee spelers van buite af goedsmoeds in die span instap terwyl hulle in elke geval die volgende paar weke nie beskikbaar sal wees nie.

Die drie spanne wat Bokke gekies het of nie gekies het nie is:

WP: 15 Cheslin Kolbe, 14 Werner Kok, 13 Juan de Jongh, 12 Huw Jones, 11 Leolin Zas, 10 Robert du Preez, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Kobus van Dyk, 6 Rynhardt Elstadt, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 JC Janse van Rensburg. Bank: 16 Mike Willemse, 17 Alistair Vermaak, 18 JP Smith, 19 Dave Ribbans, 20 Jurie van Vuuren, 21 Jano Vermaak, 22 Johnny Kotze.

Goue Leeus: 15 Sylvian Mahuza, 14 Koch Marx, 13 Jacques Nel, 12 Howard Mnisi, 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9 Dillon Smit, 8 Ruaan Lerm, 7 Ruan Ackermann, 6 Kwagga Smith, 5 Bobby de Wee, 4 JP du Preez, 3 Julian Redelinghuys, 2 Malcolm Marx, 1 Dylan Smith. Preez. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Ruan Dreyer, 18 Fabian Booysen, 19 Cyle Brink, 20 Ross Cronjé, 21 Rohan Janse van Rensburg, 22 Andries Coetzee.

Blou Bulle: Ulrich Beyers, Jamba Ulengo, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Bjorn Basson, Tian Schoeman, Piet van Zyl, Hanro Liebenberg (kapt.), Nic de Jager, Roelof Smit, Marvin Orie, RG Snyman, Jacobie Adriaanse, Bandise Maku, Lizo Gqoboka. Bank: Jaco Visagie, Martin Dreyer, Jason Jenkins, Jannes Kirsten, André Warner, Joshua Stander, Divan Rossouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.