WP, Haaie tops by nasionale weke

rugbypale

Argieffoto

Die o.13’s se Cravenweek en die o.16’s se Grant Khomo-week is die afgelope naweek voltooi, met die Haaie (o.13’s) en die Westelike Provinsie (o.16) wat as die nie-amptelike kampioenspanne van die weke aangewys is.

Die Haaie se laerskoolspan het die Streeptruie 26-24 in die hoofwedstryd van die o.13-week geklop, terwyl die Westelike Provinsie in Witrivier weer die bordjies in die o.16-hoofwedstryd verhang het, toe hulle die Haaie 34-10 getroef het.

Alle aandag skuif nou na Bloemfontein waar die o.18-Cravenweek vandag begin. Die Cheetahs en die Haaie speel vandag om 15:40 in die dag se hoofwedstryd.

Sewentien van die Vrystaatse spelers is uit Grey Kollege se geledere.

  • 13-Cravenweek (finale dag se uitslae):

Haaie 26-24 Westelike Provinsie

Leeus 12-0 Blou Bulle

Oostelike Provinsie 26-7 Griekwas

Boland 71-5 Griffons

Grens 40-17 Zimbabwe

Namibië 20-17 Grens Platteland

Luiperds 26-12 Vrystaat

  • 16-Grant Khomo:

Westelike Provinsie 34-10 Haaie

SWD Arende 46-20 Leeus

Blou Bulle 44-43 Grens

Vrystaat 45-12 Oostelike Provinsie

Pumas 29-24 Griffons

Boland 25-10 Luiperds

Valke 35-12 Limpopo Blou Bulle

Pumas XV-tal 28-25 Griekwas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.