WP is Cravenweek-bloubloed

Die WP se Cravenweekspan het die Blou Bulle in die nie-amptelike eindstryd geklop. Foto: Facebook.

Toe die Westelike Provinsie Saterdag vir die Blou Bulle 56 – 31 in die nie-amptelike eindstryd van die Cravenweek op Grey Kollege afgeransel het, was dit die 16de keer wat die Kapenaars die hoofwedstryd sedert 1971 gewen het.

Hulle oorheersing van die toernooi in die moderne era is veral sigbaar. Sedert 2010 het hulle die week se nie-amptelike eindstryd vyf keer in 10 probeerslae gewen.

In 2015 het hulle die Oostelike Provinsie 95 – 0 afgestof.

Die Vrystaat (twee keer), Blou Bulle, Goue Leeus en Oostelike Provinsie (een keer elk) is die ander wenners in dié tydperk.

  • Uitslae van die hoofwedstryde by die Cravenweek sedert 1971 (Die unies word egter op hul huidige name uitgeken; Suidoos-Transvaal is byvoorbeeld die Pumas, ensovoorts. Die statistiek is te danke aan die gesaghebbende School of Rugby.):

2018: WP 47 – 8 Haaie

2017: Goue Leeus 45 – 18 Haaie

2016: WP 27 – 20 Goue Leeus

2015: WP 95 – 0 Oostelike Provinsie

2014: Oostelike Provinsie 25 – 7 SWD Arende

2013: WP 45 – 29 Goue Leeus

2012: Blou Bulle 46 – 0 Goue Leeus

2011: Vrystaat 28 – 17 Goue Leeus

2010: Vrystaat 42 – 21 WP

2009: WP 19 – 17 Vrystaat

2008: SWD Arende 31 – 25 Vrystaat

2007: Vrystaat 52 – 3 WP

2006: Blou Bulle 35 – 20 Goue Leeus

2005: Goue Leeus 38 – 15 Oostelike Provinsie

2004: Vrystaat 17 – 16 Westelike Provinsie

2003: Westelike Provinsie 22 – 17 Vrystaat

2002: Westelike Provinsie 31 – 16 Vrystaat

2001: SWD Arende 26 – 20 Blou Bulle

2000: Pumas 19 – 18 Boland

1999: WP 15 – 11 Oostelike Provinsie

1998: Blou Bulle 23 – 19 Valke

1997: Blou Bulle 29 – 27 WP

1996: Blou Bulle 24 -12 WP

1995: Vrystaat 15 – 13 Boland

1994: Grens 13 – 13 Oostelike Provinsie

1993: Blou Bulle 25 – 13 Pumas

1992: WP 22 – 15 Vrystaat

1991: Blou Bulle 10 – 9 Grens

1990: Haaie 18 – 8 Blou Bulle

1989: Goue Leeus 17 – 6 Oostelike Provinsie

1988: WP 16 – 3 Vrystaat

1987: Goue Leeus 22 – 22 Haaie

1986: Pumas 19 – 12 WP

1985: Vrystaat 23 – 15 Goue Leeus

1984: Goue Leeus 3 – 0 Oostelike Provinsie

1983: Vrystaat 13 – 9 Pumas

1982: Pumas 25 – 7 Griffons

1981: Goue Leeus 11 – 7 WP

1980: Vrystaat 19 – 6 Goue Leeus

1979: Griffons 9 – 6 Vrystaat

1978: WP 12 – 3 Vrystaat

1977: Oostelike Provinsie 19 – 17 WP

1976: Boland 13 – 9 Vrystaat

1975: Blou Bulle 20 – 8 Goue Leeus

1974: WP 22 – 12 SWD Arende

1973: WP 36 – 7 Goue Leeus

1972: WP 16 – 9 Luiperds

1971: WP 11 – 10 Griekwas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Buffel

Jammer dis net Craven week, wat van Super Rugby ? Hoekom gaan speel soveel WP Cravenweek spelers by ander unies ? Dalk is die antwoord in die bestuur van die unie sook die afwesigheid van ‘n wen kultuur.

vlokkie

Dan praat ons nie eers van hoeveel WP spelers in ander Unies speel nie!

Annoniem

Patetiese plaaslike skeidsregters in sommige vd wedstryde gewees, wat eindtellings beïnvloed het. Foute oorgesien om spanne te bevoordeel. Telbord het heeltyd ‘haywire’ gehardloop. Groot Skole koop hul hele span uit die room vd land. So hoe regverdig is dit dat kleiner Unies teen sulke spanne moet deelneem? Waar het ware tegniek heen verdwyn en kwotastelsel van 65 persent anderskleuriges te alle tye op veld benadeel die hele spel en speel vd game, kinders wat beginspan gekry het is benadeel met speeltyd. Jammer as ek negatief klink, maar was daar en dis die hartseer van die toernooi. 2 jaar in ‘n… Lees meer »

Swartwolf

Die argument van Currie beker wenner laat my lag rugby ‘n internasionale sport. Help nie 19voertsek se wenner teen lokale spanne word nou voorgehou as wen kultuur nie. Jong spelers wil internasionaal presteer. So hoekom het die stormers nog net in een super rugby final, nogal teen die bulle, in 24 jr gespeel en verloor ? Hoekom is die huidige springbok span met al sy WP spelers en kwota kaptein so ellendig ? Dis hoekom die WP craven week span wat op cravenweek top is se beste by ander unies gaan speel na skool. Gooi daarby ‘n bankrot unie en… Lees meer »

Buffel

Dropkick you have a way with words…..