WP is Cravenweek-bloubloed

Die WP se Cravenweekspan het die Blou Bulle in die nie-amptelike eindstryd geklop. Foto: Facebook.

Toe die Westelike Provinsie Saterdag vir die Blou Bulle 56 – 31 in die nie-amptelike eindstryd van die Cravenweek op Grey Kollege afgeransel het, was dit die 16de keer wat die Kapenaars die hoofwedstryd sedert 1971 gewen het.

Hulle oorheersing van die toernooi in die moderne era is veral sigbaar. Sedert 2010 het hulle die week se nie-amptelike eindstryd vyf keer in 10 probeerslae gewen.

In 2015 het hulle die Oostelike Provinsie 95 – 0 afgestof.

Die Vrystaat (twee keer), Blou Bulle, Goue Leeus en Oostelike Provinsie (een keer elk) is die ander wenners in dié tydperk.

  • Uitslae van die hoofwedstryde by die Cravenweek sedert 1971 (Die unies word egter op hul huidige name uitgeken; Suidoos-Transvaal is byvoorbeeld die Pumas, ensovoorts. Die statistiek is te danke aan die gesaghebbende School of Rugby.):

2018: WP 47 – 8 Haaie

2017: Goue Leeus 45 – 18 Haaie

2016: WP 27 – 20 Goue Leeus

2015: WP 95 – 0 Oostelike Provinsie

2014: Oostelike Provinsie 25 – 7 SWD Arende

2013: WP 45 – 29 Goue Leeus

2012: Blou Bulle 46 – 0 Goue Leeus

2011: Vrystaat 28 – 17 Goue Leeus

2010: Vrystaat 42 – 21 WP

2009: WP 19 – 17 Vrystaat

2008: SWD Arende 31 – 25 Vrystaat

2007: Vrystaat 52 – 3 WP

2006: Blou Bulle 35 – 20 Goue Leeus

2005: Goue Leeus 38 – 15 Oostelike Provinsie

2004: Vrystaat 17 – 16 Westelike Provinsie

2003: Westelike Provinsie 22 – 17 Vrystaat

2002: Westelike Provinsie 31 – 16 Vrystaat

2001: SWD Arende 26 – 20 Blou Bulle

2000: Pumas 19 – 18 Boland

1999: WP 15 – 11 Oostelike Provinsie

1998: Blou Bulle 23 – 19 Valke

1997: Blou Bulle 29 – 27 WP

1996: Blou Bulle 24 -12 WP

1995: Vrystaat 15 – 13 Boland

1994: Grens 13 – 13 Oostelike Provinsie

1993: Blou Bulle 25 – 13 Pumas

1992: WP 22 – 15 Vrystaat

1991: Blou Bulle 10 – 9 Grens

1990: Haaie 18 – 8 Blou Bulle

1989: Goue Leeus 17 – 6 Oostelike Provinsie

1988: WP 16 – 3 Vrystaat

1987: Goue Leeus 22 – 22 Haaie

1986: Pumas 19 – 12 WP

1985: Vrystaat 23 – 15 Goue Leeus

1984: Goue Leeus 3 – 0 Oostelike Provinsie

1983: Vrystaat 13 – 9 Pumas

1982: Pumas 25 – 7 Griffons

1981: Goue Leeus 11 – 7 WP

1980: Vrystaat 19 – 6 Goue Leeus

1979: Griffons 9 – 6 Vrystaat

1978: WP 12 – 3 Vrystaat

1977: Oostelike Provinsie 19 – 17 WP

1976: Boland 13 – 9 Vrystaat

1975: Blou Bulle 20 – 8 Goue Leeus

1974: WP 22 – 12 SWD Arende

1973: WP 36 – 7 Goue Leeus

1972: WP 16 – 9 Luiperds

1971: WP 11 – 10 Griekwas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Buffel ·

Jammer dis net Craven week, wat van Super Rugby ? Hoekom gaan speel soveel WP Cravenweek spelers by ander unies ? Dalk is die antwoord in die bestuur van die unie sook die afwesigheid van ‘n wen kultuur.

kolla ·

WP ontwikkel te veel spelers om almal te behou. Afwesigheid van wenkultuur – hierdie het my lekker laat lag. Watter unie het die meeste Curriebekers (by verre) gewen; welke unie het die beste wen/verloor rekord van SA spanne in die geskiedenis van superrugby; welke unie het die beste wen/verloor rekord teen enige ander SA span in superrugby; welke unie se junior spanne oorheers? LOL

vlokkie ·

Dan praat ons nie eers van hoeveel WP spelers in ander Unies speel nie!

Andrea van Vuren ·

My stuiwer in armbeurs. Hoekom praat niemand oor die Bokkieweek nie? Gaan kyk gerus hoe hierdie jong seuns hulself oortref!

Annoniem ·

Patetiese plaaslike skeidsregters in sommige vd wedstryde gewees, wat eindtellings beïnvloed het. Foute oorgesien om spanne te bevoordeel. Telbord het heeltyd ‘haywire’ gehardloop. Groot Skole koop hul hele span uit die room vd land. So hoe regverdig is dit dat kleiner Unies teen sulke spanne moet deelneem? Waar het ware tegniek heen verdwyn en kwotastelsel van 65 persent anderskleuriges te alle tye op veld benadeel die hele spel en speel vd game, kinders wat beginspan gekry het is benadeel met speeltyd. Jammer as ek negatief klink, maar was daar en dis die hartseer van die toernooi. 2 jaar in ‘n ry wat dit gebeur dat die reserwe bevoordeel is, nadat seuns wat bitter hard gewerk het en beginspan gekry het, minder speelkans gekry het. Skande!

Swartwolf ·

Die argument van Currie beker wenner laat my lag rugby ‘n internasionale sport. Help nie 19voertsek se wenner teen lokale spanne word nou voorgehou as wen kultuur nie. Jong spelers wil internasionaal presteer. So hoekom het die stormers nog net in een super rugby final, nogal teen die bulle, in 24 jr gespeel en verloor ? Hoekom is die huidige springbok span met al sy WP spelers en kwota kaptein so ellendig ? Dis hoekom die WP craven week span wat op cravenweek top is se beste by ander unies gaan speel na skool. Gooi daarby ‘n bankrot unie en administratiewe wanbestuur en die kanse om internasionaal te presteer word nog minder.

Dropkick ·

Ek het my eie teorie oor hoekom die junior’s van die wp so goed vaar en dan besluit om na ander unies te skuif. Dit het te doen met die feit dat hulle begin verstand kry OP 19 jarige ouderdom…

kolla ·

Stormers algehele wen-rekord teen nulle in superrugby: Stormers 20 , nulle 12. Dit beteken dat die flou koeie slegs 36% van hul superwedstryde teen die magtige Stormers wen, dis ‘n volslae mislukking. Julle rugby is darem maar vrot, vanaf nulletjie- rugby regdeur. Pateties.

Cuda ·

Kolla net twee goed.
1)Jy beste/meeste net oor WP.
Superugby:Die Sharks 4 finals, Lions 3 finals, Bulle 3 finals, Stormers 1 final. Bulle wen ook sy drie finals.
Currie cup speel WP van amper 1890 af. Ander unies soos Bulle speel van 1938 af.
2) As WP so goeie skole splers het, hoekom kry hulle oorseese spelers soos Chris Jack, Tony Brown, Manny Edmunds, Nakalivuca…..ens? Hoekom vat hulle ander provinsies se bokke soos Habana, Small, Jano Vermaak, …ens. Ander provinsies se top/potensiele spelers soos Dan Kriel, Josh Strauss, …ens

Soos die gesegde sê:
Haal die balk uit jou eie oog, voor jy die splinter in ander se oog wil uithaal….

kolla ·

Ek volstaan daarby dat Stormers die beste wen/verloor rekord het van SA spanne in superrugby (dit beteken dat Stormers DEURLOPEND en GEMIDDELD die beste vaar in superrugby). Transvaal en Noord-Transvaal was een unie in begin van Curriebeker en selfs toe al het WP oorheers. Stormers maak minste gebruik van “huursoldate” en voer meeste spelers uit na ander unies. Sonder WP is SA rugby niks.

Stier ·

SA rugby sal beter af wees as WP se unie beter bestuur kry, die binnegevegte oor wie is nou in beheer of nie stop, ‘n afrigter aanwys van internasionale standaard, en ‘n kaptein met bietjie gravitas en leierskap aanwys. WP wen lokale Currie beker nou en Dan en dis die einde. Die jaar met wereldbeker wat voorle laaste in SA Liga van SR, en as dit nie vir 2 skeidsregters se verkeerde beslissings was nie tweede laaste OP die algehele Liga. Met hoeveel Springbokke ? Dis ‘n skande.

Swartwolf ·

Volstaan by watookal is nie feite nie. 1995 se wereldbeker wenners om TVL gebou met 10 spelers. 2007 se wereldbeker wenners om Bulle gebou met 11 spelers. WP springbok kapteine van swakste rekords, dink aan Jean de Villiers en Corne Krige. Wanneer WP spelers springbok span oorheers is bokke swak, veral as dit ‘n WP kaptein ook is. As Leeus of Bulle baie spelers in span het met enige kaptein behalwe WP is bok rugby baie beter. Dis die wen kultuur wat afwesig is by WP en dis hoekom Stier reg is beste skool spelers verlaat WP en gaan speel elders.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.