WP kan van tuishalfeindstryd seker maak

Die Westelike Provinsie kan Saterdag op Nuweland, Kaapstad, seker maak dat hy die Curriebeker-halfeindstryd op eie werf sal uitspook.

Die besoekende Sharks is, nes die Streeptruie, onoorwonne ná vier wedstryde, maar die Kapenaars het tot dusver standvastiger in die reeks vertoon.

Dit wil ook voorkom of die WP-spelers balvaardiger as hul KwaZulu-Natalse eweknieë is.

Dis die enigste wedstryd dié naweek in die reeks.

Eerste Liga

Die Luiperds beleef tot dusver ʼn droomseisoen in die Eerste Liga, en is die voorloper met ʼn skoon rekord, maar die hef aan lê nou voor met die Griffons en die Valke wat oorwin moet word.

Die Luiperds het reeds afgereken met die res van die deelnemers aan die liga, maar dié twee spanne was al dikwels die stok in die Noordwesters se wiel.

Saterdag kom die Griffons aan die beurt in ʼn derby wat die afgelope klompie jare die beste uit albei spanne haal, en gereeld ʼn naelbytstryd oplewer.

♦ Die Suidwestelike Distrikte en Boland het ʼn enkele puntverskil op die punteleer, en albei het hul oog op die eerste plek, sou die Luiperds in Welkom gly.

Outeniekwapark, George, se mense kan hulle Vrydag waarskynlik regskuif vir ʼn rillerkragmeting.

♦ In die Barnardstadion, Kemptonpark, behoort die Valke nie te sukkel om die Oostelike Provinsie te klop nie.

Die naweek se bepalings –

Vrydag

Eerste Liga

14:00 Valke teen OP, Barnardstadion, Kemptonpark.
18:00 SWD teen Boland, Outeniekwapark, George.

Saterdag

Curriebeker

14:00 WP teen Sharks, Nuweland, Kaapstad.

Eerste Liga

15:00 Griffons teen Luiperds, Welkom.

Spanne –

WP

15 Dillyn Leyds, 14 Sergeal Petersen, 13 Ruhan Nel, 12 Dan Kriel, 11 SP Marais, 10 Joshua Stander, 9 Jano Vermaak, 8 Juarno Augustus, 7 Ernst van Rhyn, 6 Kobus van Dyk, 5 JD Schickerling, 4 Chris van Zyl (kaptein), 3 Michael Kumbirai, 2 Scarra Ntubeni, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Carlu Sadie, 19 Chris Massyn, 20 Herschel Jantjies, 21 JJ Engelbrecht.

Sharks

15 Curwin Bosch, 14 Kobus van Wyk, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Daniël du Preez, 7 Tyler Paul, 6 Jacques Vermeulen, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Thomas du Toit, 2 Chiliboy Ralepelle (kaptein), 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Coenie Oosthuizen, 18 Ruben van Heerden, 19 Luke Stringer, 20 Cameron Wright, 21 Leolin Zas, 22 Aphelele Fassi.

Boland

15 Quaid Langeveldt, 14 Charles Mayeza, 13 Gerrit van Wyk, 12 Wilneth Engelbrecht, 11 Valentino Wellman, 10. Elgar Watts, 9 Damian Stevens, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Ludio Williams, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Kenan Cronjé, 3 Clinton Theron, 2 Clemen Lewis, 1 Arnout Malherbe. Bank: 16 Francois Esterhuizen, 17 Raeez Salie, 18 Stefaan Grundlingh, 19 Taine Randall Booysen, 20 Ralton October, 21 Jacquin Jansen, 22 Wayne Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.