WP kies klubspelers teen die Valke

Jacques Kotzé - in Pumas se opdrafspan. (Foto: Hennie Homann/Steval Pumas)

Jacques Kotzé – in Pumas se opdrafspan. (Foto: Hennie Homann/Steval Pumas)

Die Westelike Provinsie is die jongste om te toon dat die pad na `n provinsiale span nie geheel en al vir klubspelers gesluit is nie deur twee uitblinkers vir sy wedstryd Vrydag teen die Valke te kies.

Christo van Wyk, `n stut van Tygerberg, en Dennis Cox, die losskakel van Belhar, is op die bank vir die Curriebeker-kragmeting op Kemptonpark.

Die twee het die afgelope tyd groot indruk vir hul klubs gemaak en die Streeptruie se afrigter, John Dobson, sê hulle verdien die geleentheid ten volle en hy sal graag wil sien hoe hulle in die hoer geselskap vaar.

Die Pumas het verlede jaar die voorbeeld gestel toe die bond nege klubspelers by sy voorseisoense oefengroep ingesluit het.

Op die ou end is twee van hulle – Jacques du Toit, `n stut van Witrivier, en Damien Janse van Rensburg, `n senter van Nelspruit – in die groep behou.

Du Toit maak Vrydag teen die OP Kings sy buiging in die Pumas se opdrafspan gemaak en Janse van Rensburg het verlede week teen Sharks-vyftiental sy eerste kans in die Curriebeker-opstelronde op die bank gekry.

Die Suidwestelike Distrikte het op sy beurt Evergreens se Leegan Moos in sy oefenwedstryde teen die Stormers en die Southern Kings gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.