WP kies nuwe stutte teen die Pumas

JC Janse van Rensburg (Foto: WP Rugby)

Die Westelike Provinsie span twee nuwe stutte in sy opdrafspan in vir Vrydag se Curriebekerwedstryd teen die Pumas in Nelspruit.

Die ervare 31-jarige JC Janse van Rensburg sak op loskop, terwyl ʼn 21-jarige groentjie, Michael Kumbirai, aan die vaskopkant kans kry.

Laasgenoemde vervang Wilco Louw, wat deur die Springbok-kamp opgeroep is. Hy is ʼn gewese SA Skole-speler, wat vroeër vanjaar nog Varsitybekerrugby gespeel het.

Ali Vermaak en Caylib Oosthuizen is die bankstutte, met Sikhumbuzo Notshe die ander voorspeler wat latere trefkrag van die bank af moet verleen.

Die Blitsbok Seabelo Senatla is weer fiks en terug op die regtervleuel in die plek van sy Blitsmaat Werner Kok wat bank toe skuif.

Die WP-agsteman Nizaam Carr speel in sy 50ste wedstryd vir die Streeptruie.

Die span –

15. Craig Barry, 14. Seabelo Senatla, 13. EW Viljoen, 12. Huw Jones, 11. Ruhan Nel, 10. Damian Willemse, 9. Jano Vermaak, 8. Nizaam Carr, 7. Cobus Wiese, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Michael Kumbirai, 2. Ramone Samuels, 1. JC Janse van Rensburg.
Bank: 16. Chad Solomon, 17. Ali Vermaak, 18. Caylib Oosthuizen, 19. Sikhumbuzo Notshe, 20. Dewaldt Duvenage, 21. Robert du Preez, 22. Werner Kok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.