Curriebeker: WP kies nuwe; Vrystaat verander ses, Boland 10

Kobus van Dyk (Foto: Varsity Cup)

Kobus van Dyk (Foto: Varsity Cup)

Die Westelike Provinsie het `n nuweling gekies vir sy kragmeting in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Sharks-vyftiental; die Vrystaat het ses verander vir die Goue Leeus-vyftiental, en Boland tien vir die Luiperds.

♦ Die 22-jarige veelsydige voorspeler Kobus van Dyk maak Saterdag 17:30 sy buiging as agsteman vir die WP op Kingspark in Durban. Hy het verlede jaar vir die WP o.21 en vanjaar vir die Maties in die reeks om die Varsitybeker gespeel.

In die ander veranderinge in die opdrafspan is Godlen Masimla terug op skrumskakel nadat hy van harsingskudding herstel het; en Meyer Swanepoel kry `n kans om op die flank te begin, met Jurie van Vuuren wat terugskuif slot toe.

♦ Slegs twee van die Vrystaat Cheetahs se veranderinge is in die opdrafspan wat die Leeus 15:00 Saterdag op Diggers se veld in Randburg pak.

JP Coetzee is die nuwe regtervleuel in die plek van Masolwa Mafuma wat sy (Coetzee se) plek op die bank inneem; en Refuoe Rampeta dra die nommer ses-trui in die plek van Ntokoza Vidima wat bank toe skuif.

Die stut Ox Nche en die flank Willie Britz, wat twee weke gelede nog op die Vyftiental se bank gesit het, draf Saterdag vir die Cheetahs in sy Superrugbywedstryd teen die Waratahs op.

♦ Vyf van Boland se veranderinge is in die span wat 14:30 Saterdag in die Johann du Randtstadion op Potchefstroom opdraf, meestal ruilings met spelers wat op die bank was.

Die senter Edwin Sass skuif bank toe om vir Christopher Bosch plek te maak; Marnus Hugo draf as skrumskakel op en Gerhard Jordaan skuif bank toe; die flank Shaun McDonald draf op en Wayne Wilschut skuif bank toe; en die loskopstut Basil Short is terug in die opdrafspan met Francois Hanekom op die bank.

Shaun Adendorff draf as flank op in die plek van Keenan Cronjé, wat uit die 22-tal weggelaat is.

Die spanne –

Westelike Provinsie (teen die Sharks-vyftiental): 15. Grant Hermanus, 14. Khanyo Ngcukana, 13. Tim Whitehead, 12. Daniel du Plessis, 11. Sibahle Maxwane, 10. Scott van Breda, 9. Godlen Masimla, 8. Kobus van Dyk, 7. Meyer Swanepoel, 6. Luke Stringer, 5. Chris van Zyl (kaptein), 4. Jurie van Vuuren, 3. JP Smith, 2. Mike Willemse, 1. Alistair Vermaak. Bank: 16. Chad Solomon, 17. Kyle Whyte, 18. Christo van der Merwe, 19. Eital Bredenkamp, 20. Justin Phillips, 21. JP Lewis, 22. Berton Klaassen.

Vrystaat-vyftiental (teen die Goue Leeus-vyftiental): 15. Reinardt Erwee, 14. JP Coetzee, 13. Carel-Jan Coetzee, 12. Tertius Kruger, 11. Maphuta Dolo, 10. Sias Ebersohn, 9. JP Smith, 8. Jasper Wiese, 7. Tienie Burger, 6. Refuoe Rampeta, 5. Reniel Hugo (kaptein), 4. Armandt Koster, 3. Gunther Janse van Vuuren, 2. Joseph Dweba, 1. BG Uys. Bank: 16. Tiaan Liebenberg, 17. Chase Morison, 18. Justin Bason, 19. Ntokozo Vidima, 20. Renier Botha, 21. Darron Baron, 22. Mosolwa Mafuma.

Boland Kavaliers (teen die Luiperds): 15. Adriaan Carelse, 14. Sergio Torrens, 13. Ryan Nell (kaptein), 12. Christopher Bosch, 11. Danwell Demas, 10. Theuns Kotzé, 9. Marnus Hugo, 8. Zandré Jordaan (onderkaptein), 7. Shaun McDonald, 6. Shaun Adendorff, 5. Ockie van Zyl, 4. Hanno Kitshoff, 3. Basil Short, 2. Francois Esterhuizen, 1. SP Wessels. Bank: 16. Chadley Wenn, 17. Francois Hanekom, 18. Ferdi Horn, 19. Wayne Wilschut, 20. Gerhard Jordaan, 21. William van Wyk, 22. Edwin Sass.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.