WP kies Springbok vir Supersportreeks

Die Westelike Provinsie het ʼn terugkerende Springbok ingesluit in sy sy span wat Vrydag op Nuweland teen Suidwestelike Distrikte in die Supersportreeks te staan kom.

Die Stormers-spelers Juan de Jongh (buitesenter) en Rynhardt Elstadt (steelkantflank), wat van beserings herstel het, bevind hulle albei in die span vir die binnelandse reeks.

Die botsing is ‘n voorwedstryd vir die kragmeting tussen die Stormers en die Blues.

Errol Jaggers, die losskakel van Tygerberg, maak sy buiging vir die WP in die plek van Brandon Thompson, wat deur die Stormers nader getrek is.

Jaggers is ‘n produk van Jerome Paarwater se talentjagprogram.

Nog `n beseerde wat terugkeer is die linkervleuel Khanyo Ngukana.

JD Schickerling is Eduard Zandberg se nuwe slotmaat, en in die voorry is die haker Chad Solomon terug, met Caylib Oosthuizen en Michael Kumbirai die stutte.

Dean Muir en Frans van Wyk is die voorryspelers op die bank.

Die span –

15. Grant Hermanus, 14. Craig Barry, 13. Juan de Jongh, 12. Scott van Breda, 11. Khanyo Ngcukana, 10. Errol Jaggers, 9. Godlen Masimla, 8. Luke Stringer, 7. Rynhardt Elstadt, 6. Eital Bredenkamp (kaptein), 5. JD Schickerling, 4. Eduard Zandberg, 3. Michael Kumbirai, 2. Chad Solomon, 1. Caylib Oosthuizen. Bank: 16. Dean Muir, 17. Frans van Wyk, 18. Jurie van Vuuren, 19. Conway Pretorius, 20. Justin Phillips, 21. Ernst Stapelberg, 22. Michal Hazner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.