WP kies sterker agterlyn teen Blou Bulle

Die Westelike Provinsie het ʼn sterker agterlyn gekies met die oog op Sondag se Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld, Pretoria, teen die Blou Bulle.

Die senters Huw Jones en EW Viljoen het van hul beserings herstel, en is terug in die middelveld vir die opdrafslag.

Jano Vermaak is ook terug op skrumskakel.

Dillyn Leyds se insluiting in die Springbokspan teen die Wallabies het tot gevolg dat Damian Willemse heelagter toe skuif, en Robert du Preez sy plek op losskakel inneem.

Wat die agttal betref, is Frans van Wyk die nuwe vaskopstut en Ramone Samuels die haker in die beginspan.

Die span –

15. Damian Willemse, 14. Seabelo Senatla, 13. EW Viljoen, 12. Huw Jones, 11. Werner Kok, 10. Robert du Preez, 9. Jano Vermaak, 8. Nizaam Carr, 7. Cobus Wiese, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Frans van Wyk, 2. Ramone Samuels, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Dean Muir, 17. Ali Vermaak, 18. Wilco Louw, 19. Jan de Klerk, 20. Sikhumbuzo Notshe, 21. Dewaldt Duvenage, 22. Ruhan Nel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Asb dis nie een van my spanne nie maar gaan nogtans kyk al wat ek vra speel net n bietjie ordentlike rugby sodat n mens dit kan geniet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.