WP kies twee Bokke; Sharks verander net een

Die Westelike Provinsie het twee van sy Springbokke ingesluit in die span wat Saterdag in Durban met die Sharks kragte in die Curriebekerreeks meet, en die tuisspan het slegs een verandering in sy opdrafspan aangebring.

Die veelbekroonde Dillyn Leyds speel linkervleuel vir die Streeptruie, met Ruhan Nel wat binnesenter toe skuif in die plek van EW Viljoen (bank).

Wilco Louw, wat pas sy Bokbuiging gemaak het, sak op vaskopstut in Frans van Wyk se plek.
Jaco Coetzee vervang Kobus van Dyk op die flank.

Vir die Sharks is daar nie sprake van rus of roteer nie, en al verandering aan die opdrafspan wat die Goue Leeus geklop het, is die insluiting van Lukhanyo Am, wat van ʼn besering herstel het, in die plek van Tristan Blewett (bank).

Die Springbokke Chiliboy Ralepelle en Jean-Luc du Preez keer saam met die skrumskakel Louis Schreuder (gesinsverpligtinge) en die veelsydige agterspeler Kobus van Wyk (beseer) op die bank terug.

Die spanne –

WP

15. Damian Willemse, 14. Seabelo Senatla, 13. Huw Jones, 12. Ruhan Nel, 11. Dillyn Leyds, 10. Robert du Preez, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Cobus Wiese, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Bongi Mbonambi, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Ramone Samuels, 17. Caylib Oosthuizen, 18. Jan de Klerk, 19. Sikhumbuzo Notshe, 20. Justin Phillips, 21. Werner Kok, 22. EW Viljoen.

Sharks

15. Garth April, 14. Odwa Ndungane, 13. Lukhanyo Am, 12. Marius Louw, 11. S’buNkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Michael Claassens, 8. Daniël du Preez, 7. Jacques Vermeulen, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Franco Marais, 1. Thomas du Toit. Bank: 16. Chiliboy Relepelle, 17. Juan Schoeman, 18. Jean Droste,19. Jean-Luc du Preez, 20. Louis Schreuder, 21. Tristan Blewett, 22. Kobus van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.