WP klop reën, weerlig in verkorte wedstryd op Loftus

Sergeal Petersen duik oor ná die bal vorentoe geskop is en vir hom reg gespring het. Jamba Ulengo en Tinus de Beer is te laat om te keer. (Foto: GB Jordaan)

Die rustydtelling en die eindtelling was dieselfde, maar die Westelike Provinsie het genoeg gedoen om die moontlike eindstryd van die Curriebekerreeks tuis aan te bied as hulle volgende week se halfeindstryd op Nuweland wen.

Dit sal weer teen die Blou Bulle wees wat Saterdag (amper letterlik op die  baie nat veld) uit hulle diepte op Loftus was en met 7-34 verloor het.

Die wedstryd het net meer as ʼn halfuur laat begin, en rustyd was dit alles verby met die reën wat steeds strykdeur geval en net voor rustyd weer toegeneem het.

Dit was die wolkbreuk en weerlig wat tot die afskop se uitstel gelei het, en 40 minute se spel was nodig om ʼn geldige uitslag te kry. Met rustyd was daar weer donderweer naby die veld en is die wedstryd afgelas.

Die WP het eenvoudig veel meer op hulle gemak gelyk in weersomstandighede waar hantering ʼn risiko was.

Die WP het een punt uit die wedstryd benodig om te verseker die eindstryd is op Nuweland. Hulle was reeds van ʼn tuishalfeindstryd verseker toe hulle opdraf.

Die Streeptruie, met die Springbok-vaskop Wilco Louw aan die voorpunt teen sy ou span, het die Blou Bulle in die skrums vermorsel, takties beter gespeel en die vroeë voorsprong weens die baie foute met die nat bal uitgebuit.

Die finale Curriebeker-puntestand ná ses wedstryde (gewen, ligapunte) ‒

Westelike Provinsie 6, 30
Sharks                              5, 26
Lions                                 4, 21
Blou Bulle                      3, 17
Pumas                              2, 12
Griekwas                        1,   8

Die puntemakers ‒

Blou Bulle 7 ‒ Drie: Ruan Steenkamp. Doelskop: Tinus de Beer.
Westelike Provinsie 34 ‒ Drieë: Strafdrie, Kobus van Dyk, Sergeal Petersen, Jaco Coetzee. Doelskoppe: SP Marais (2). Strafdoele: Marais (4).

♦  In Kimberley het die Sharks ʼn moedige maar te lig in die broek Griekwas met 41-11 opgefrommel.

Die wenspan se bonuspunt was teen rustyd (24-6) reeds in die sakkie toegeknoop.

Die Sharks het die bal lekker rondgegooi en ʼn paar baie bevredigende drieë gedruk. Te oordeel na dié vertoning lyk dit of hulle, soos die Westelike Provinsie, seker van ʼn plek in die eindronde kan wees, selfs al lê die halfeindronde teen die Goue Leeus nog voor.

Hoewel Griekwas soms goeie druk toegepas het, het hulle nooit na ʼn wenspan gelyk nie.

Die Natalse Springbokke Curwin Bosch, Akker van der Merwe, Lwazi Mvovo en S’bu Nkosi kan heel tevrede met hul vertonings wees. En groot Coenie Oosthuizen is op pad na volle wedstryd-fiksheid.

Die puntemakers – 

Griekwas 11 (6) – Drie: Kyle Steyn. Strafdoele: George Whitehead (2).
Sharks 41 (24) – Drieë: Jeremy Ward, Lwazi Mvovo (2), Akker van der Merwe, Leolin Zas (2), S’bu Nkosi. Doelskoppe: Curwin Bosch (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nico ·

Die grootste klug nog in SA rugby. Wedstryd moes onder hierdie omstandighede nooit eens plaas gevind het nie!

Hennie ·

Die bulle weer vol verskonings , die naweek wat kom net n opwarming vir die WP.

Spikkels ·

Dis rugby, nie krieket, gholf of tennis waar almal af hardloop die oomblik wat daar n druppel val nie

Johan ·

bulle julle het vrot ge speel ek is klaar met hulle gaan vlieg

ALTYD N BUL ·

Wen of verloor ek bly n bul
Maar hierdie is nou nie iets waaroor ek maandag by werk gaan praat nie
Jo half een op sondag oggend en die hemel se sluise nog oop
AMEN
jip ek gaan maandag oor die awesome reen waarmee GOD ons so ryklik seën hier in Pretoria
Maar ek bly n Bul

Daniel ·

Die Bulle het ‘n verleentheid geraak. Een voorbeeld: Wilco Louw is nie “goed genoeg” deur hulle geag nie. En nou, man alleen verniel hy die hele Bulle voorry.

Stefan ·

Is daar enige een wat hier lees wat weet wie is die individu of individue wat besluit het dat Wilco Louw nie goed genoeg was vir die Bulle nie. Ook Francois Venter? Wie het gedink dat Josh Stander nie goed genoeg was nie? En so kan ek nog baie ander name noem. Ek wil graag weet wie neem sulke swak, kortsigtige besluite? Ek hoop die daardie individu staan kans om due groot indoena can die Bulle te word nie

Joe ·

Nou weet almal hoekom Mitchell weg is, tekort aan talent en senior spelers wat dood eenvoudig te maklik laar weggaan. Van doe afrigters praat ons nie eers, Gary Botha??? Ons word van hoek tot kant geskrum??? Neewat, ons gaan of is klaar maar net ‘n Griekwas of klein unie.

Bollie ·

Kan enige een van julle ou manne wat rugby ken vir my asb verduidelik, die bulle verloor twee skrums, in gietende reen, jou loskop word afgestuur met n geelkaart, hoekom op dees aarde vervang jy n flank met n nuwe loskop sodat jy n kompeteerende skrum kan he? Of sit ek die pot mis? Die gras is glad, niemand kan regtig stoot nie, sal dit nie liewer meer aantreklik wees as hulle net bal kan ingooi en jy is verseker jy gaan die bal agter kan uithaal nie?

SjN ·

En die verkeerde man het n kaart gekry, in daai omstandighede moes die wedstryd nie eens plaasgevind het nie.

Billy Olivier ·

Ek wil dit onder die Blou Bulle se afrigters en bestuur se aandag bring, geen span kan ooit geestelik die oorhand oor n ander kry as jou pak voorspelers nie domineer nie. Waar begin dominasie in die skrums. Dus fokus om voorrye en slotte te kry wat kan skrum.
Sukses van WP op die oomblik Skrums, Leeus Skrums, goue era Blou Bulle Skrums
Met ritme in n pak skrum jy alles weg voor jou, DAN het jy die geestlikke voorsprong dan domineer jou pak en die agterspelers blom en jy speel wen rugby
Se ek maar net
Blou Bul

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.