WP-liga: GB-kampioen begin goed teen Brakke

durbell-logo.squareDie oop klubs se Goue Bekerkampioen, Durbanville-Bellville, het Saterdag `n goeie afskop in die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A (SLA) teen die vurige Brackenfell beleef.

Durbell het die wedstryd op Brackenfell 39-13 gewen nadat hy rustyd 20-6 voor was.

Darron Nagel, die Durbies se ondervoorsitter, sê die span het goed begin en sy puik spel regdeur die kragmeting gehandhaaf.

“Oorheersing by die afbreekpunte en in die vaste spel het verseker dat Ashton Constant se manne `n stewige platform geskep het vir die dodelike agterlyn van Durbal om van aan te val.”

Hy sê die Brakkies het getoon dat hulle gewis hul man in die liga kan staan en die nodige diepte in die laer spanne en die junior strukture het om `n volhoubare SLA-klub te vorm.

“Die tempo waarin die Durbies gespeel het, was by tye subliem en as die span dit oor langer tye kan volhou, gaan hy nie maklik gestuit word nie.

“Die nuwe spelers het hul kant gebring en dit behoort die afrigter, Bobby Joubert, selfvertroue te verleen ná sy eerste SLA-oorwinning,” sê Nagel.

“Die strafskoptelling wek kommer en dié oortredings sal ingekort moet word om nie onnodige kans vir punte aan die teenstanders te bied nie.”

Nagel sê die tweede span kon nie sy aanvanklike greep op die wedstryd volhou nie en Brackenfell het op die ou end 17-14 gewen.

Die derde span, die SLA3-kampioen, moes hard werk, maar het 25-23 gewen en sal hom daarop toespits om te verbeter namate die seisoen vorder, sê Nagel.

Brackenfell IV het die Durbie Blues 13-10 geklop; sy gedugte o.20-span het 21-6 gewen, en Durbell o.20B het Valsbaai 17-16 geklop.

Ander uitslae –

Superliga A

SK Walmers 17, Sir Lowrians 15; Hamiltons 50, Kuilsrivier 32; Belhar 41, Primrose 34.

Superliga B

Young Peoples 20, Violets 12; Pniel Villagers, Villagers 23; Kraaifontein 34, Strand 18; Bellville 29, Macassar 26; Unie-Milnerton 29, Hands & Hearts 28; Hamlets 66, Helderberg 48; Collegians 49, Goodwood 18.

Superliga C

Young Stars 28, Lagunya 14; Rangers 18, Starnd United 11; Langa 36, Silverleaf 15; Paarl 28, Elsies Rivier United 13; Kylemore 49, Masiphumelele 12; Franschhoek United 33, Hamediehs 14; Blue Jets 36, Raithby Universals 28.

Stadsliga

Polisie 21, Western Zebras 11; Watsonia 25, Perseverance 18; Technikon-Tuine 19, Temperance Cities 18; Caledonian Roses 22, Manenberg Rangers 16.

Suiderliga

Noordelikes 27, Titans 10; Rocklands 29, Bishop Lavis 18; Retreat 26, Peninsula 15; Eersterivier 78, Young Brothers 7.

Noorderliga

Stellenbosch Coronations 103, Khayelitsha 0; Van der Stel 57, Delft 7; Blakes 64, Imiqhayi 27; Atlantis 8, Strand Pioneers 3; All Saints 25, Blue Stars United 10.

Paarlliga

Lower Paarl 27, Young Standards 10; Windmeul United 48, Pêrel United 17; Violets (Paarl) 24, Paarl Rangers 20; Albions 16, Simondium 10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.