WP-liga: GB-nuweling Saterdag voor toets

wp club rugb y - logoValsbaai, een van die nuwelinge in die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker vanjaar, se voorseisoense werk word Saterdag getoets as hy teen Noordelikes-Northlinkkollege (NNK) in die Westelike Provinsie se Superliga A kragte meet.

Jonno van der Walt, die Baai se hoofafrigter, sê hulle het – met die uitsondering van Desember – sedert November stil-stil voorberei en kan nou die resultaat meet.

Met die studenteklubs nog met die Varsityreekse doenig en Durbanville-Bellville, die nasionale oopklubkampioen, wat `n loslootjie het, is Hamiltons (teen Primrose) die enigste ander van die topspanne wat Saterdag speel.

♦ Van der Walt sê dis sagkens gestel as hy sê hy is “senuweeagtig en angstig” met die oog op die seisoen wat voorlê.

“Ons het `n tamaai skyf op ons rûe en elke span in die liga sal die Groen Masjien met mag en mening pak.”

Hy sê Valsbaai het `n deeglike, strawwe, harde en uitdagende voorbereiding deurloop om hom te slyp vir die 14 uitdagings wat in die liga wag.

“Soos elke ander klub het ons spelers verloor en ander bygekry. Dit bly maar `n uitputtingsoorlog.

“Die geheim lê daarin om `n balans tussen ervaring en jeug te vind en die beste uit daardie spelers te haal.

“Ons is so gereed as kan kom en sien uit na die begin van die ligaseisoen.”

`n Speler of wat kom nog internasionale sewesverpligtinge na, maar die beste beskikbare 22-tal speel Saterdag.

Die senter Riaan O’Neil speel vir Zimbawe se sewesspan en die slot/flank Graham Knoop vir `n internasionale uitnodigingspan. Daar is `n sterk moontlikheid dat die losvoorspeler Ryan Olivier (die WP se amateurkaptein) ook vir laasgenoemde kan speel.

Van der Walt sê Valsbaai het tans `n klomp talentvolle jongelinge en as die klub hulle kan behou, is die Baai in goeie hande.

Ander bepalings –

Superliga A

Brackenfell teen Schotschekloof Walmers; Tygerberg teen Sir Lowrians; Kuilsrivier teen Belhar.

Superliga B

Macassar teen Villager; St Georges teen Goodwood; Pniel Villagers teen Hands & Heart; Collegians teen Hamlets; Unie-Milnerton teen Young Peoples; Helderberg teen Strand; Bellville teen Violets.

Superliga C

Paarl teen Lagunya; Strand United teen Raithby Universals; Elsies River United teen Rangers; Scottsdene-Sentraal teen Hamediehs; Blue Jets teen Masiphumelele; Franschhoek United teen Langa; Kylemore teen Young Stars.

Stadsliga

Progress teen Caledonian Roses; Young Ideas teen Western Zebras; Manenberg Rangers teen Technikon-Tuine; Polisie teen Busy Bees; Temperance Cities teen Perseverance; Silvertree teen Watsonia.

Suiderliga

Noordelikes teen Young Wesleys; Young Brothers teen Penissula; Bishop Lavis teen Thistles; Rocklands teen Richmond Rangers; Titans teen Retreat.

Noorderliga

Atlantis teen Whistling Wheels; Khayelitsha teen Delft; Strand Pioneers teen All Saints; Vineyards teen Blakes; Van der Stel teen Imiqayi; Blue Stars Unitesd teen Stellenbosch Coronations.

Paarlliga

Albions teen Young Standards; Simondium teen Paarl Rangers; Agter-Paarl teen Riverstones; Violets (Paarl) teen Pêrel United; Allandale teen Young Gardens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.