WP-liga: gunstelinge sukkel nie

wp logoDie gunstelinge het hoegenaamd nie gesukkel om hul wedstryde Woensdag in die Westelike Provinsie se Superliga A te wen nie.

Stellenbosch het die Viktoriane 40-7 verslaan, die Goue Bekerspan Valsbaai het 31-10 teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gewen; en die Universiteit van Kaapstad het 38-8 met Primrose afgereken.

Omrede die langnaweek was daar min bepalings.

Ander uitslae –

Superliga B

Bellville 9, Collegians 0.

Superliga C

Lagunya 18, Franschhoek United 18.

Stadsliga

Skiereiland Polisie 24, Technikon-Tuine 23 (Woensdag); Technikon-Tuine 38, Perseverance 26 (Saterdag).

Noorderliga

Vineyards 23, Blue Stars United 19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.