Die gunstelinge het hoegenaamd nie gesukkel om hul wedstryde Woensdag in die Westelike Provinsie se Superliga A te wen nie.
Stellenbosch het die Viktoriane 40-7 verslaan, die Goue Bekerspan Valsbaai het 31-10 teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gewen; en die Universiteit van Kaapstad het 38-8 met Primrose afgereken.
Omrede die langnaweek was daar min bepalings.
Ander uitslae –
Superliga B
Bellville 9, Collegians 0.
Superliga C
Lagunya 18, Franschhoek United 18.
Stadsliga
Skiereiland Polisie 24, Technikon-Tuine 23 (Woensdag); Technikon-Tuine 38, Perseverance 26 (Saterdag).
Noorderliga
Vineyards 23, Blue Stars United 19.