WP-liga: Hammies skrik groot; Belhar verras

BelharDie Westelike Provinsie (WP) se Superliga A het Saterdag twee eersteklas verrassings opgelewer voor die vyftienmanspel `n wyle vir die sewessiklus moet plek maak.

Tygerberg het Hamiltons groot laat skrik en en die Groenpuntse span, wat verlede jaar nog aan die reeks om die Goue Beker deelgeneem het, moes kwaai spook om uiteindelik 27-26 te wen.

En voor Schotschekloof Walmers (SKW) behoorlik fees kon vier oor hul sy sege oor die Goue Beker-kampioen, Durbanville-Bellville, klop Belhar hom toe 23-15.

Durbell is op sy beurt terug op die wenpad nadat hy 54-10 met Noordelikes-Northlinkkollege (NNK) afgereken het.

♦ Bronson Weir, die senior afrigter van Belhar, laat weet al die klub se spanne het teen SKW gewen.

“Die eerste span het met oorgawe gespeel en veral in die eerste helfte getrou aan sy strukture gebly.

Hy sê die losskakel Dennis Cox het die wedstryd voortreflik beheer en verdien `n opdrafkans in die WP se Curriebekerspan. Hy oefen tans saam met die provinsiale groep.

“Die Nigeriese toetsvleuel Christian Ogar se kragspel het beïndruk en SKW het gesukkel om hom plat te trek. Carlo Jacobs het Belhar puik gelei en goed geskrum.

“SKW se kaptein, Danwill Erasmus, het op senter uitgeblink.”

Wensley Scott en Siphamandla Dama het drieë gedruk, met Junaid Arendse wat albei verdoel en vier strafdoele behaal het.

Belhar se tweede span het 7-5 en die derde 10-0 gewen.

Weir sê die o.20-span het 53-3 gewen en is aan die einde van die eerste ronde boaan die punteleer.

“Die afrigters Ebrahiem Beukes en Grifith Esau en die bestuurspan verdien `n besondere pluimpie vir die werk wat hulle in dié opsig doen.”

Die klubtoneel in die WP fokus die komende ses weke op sewesrugby en Belhar speel eers weer 16 Julie wanneer hy met NNK kragte meet.

Ander uitslae –

Superliga A

Valsbaai 31, Primrose 0; Brackenfell 36, Sir Lowrians 12.

Superliga B

Pniel 26, Macassar 21; Helderberg 27, Hands & Heart 19; Hamlets 31, Bellville 27; Violets 29, Strand 21; Villager 23, Collegians 10; Young Peoples 27, Kraaifontein 16.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.