WP-liga: SKW stuit SA oop klubs se kampioen

Cobus Roberts (41) en sy seun Sarel (18).

Cobus Roberts (41) en sy seun Sarel (18).

Die oop klubs se nasionale kampioen, Durbanville Bellville, het Vrydag in die Groenpuntstadion slae by Schotschekloof Walmers (SKW) gekry.

Die tuisspan het die wedstryd in die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A 19-12 gewen om Durbell sy eerste nederlaag vanjaar toe te dien.

Darron Nagel, Durbell se ondervoorsitter, sê met `n jong en talentvolle span soos die Durbies s’n is die lesse van `n nederlaag dan en wan waardevol vir die ontwikkeling van die span.

“Die span is veels te talentvol en gemotiveerd om lank onder gehou te word.”

Hy glo daar sal hard gewerk word om sake voor Vrydag se tradisionele derby teen Noordelikes-Northlinkkollege (NNK) reg te stel.

Nagel berig die tweede span is steeds op die wenpad en het SKW 17-7 geklop.

Die klub se derde span het 22-8 gewen, maar die wedstryd is wéér kortgeknip en die span kon nie `n bonuspunt verdien nie.

Ook die Durbie Blues was aan die wenkant – die tweede keer die seisoen – en het Dolphins van Khayelitsha met `n bonuspunt 31-14 geklop.

Dit was `n spesiale dag vir `n pa en seun, Cobus (41) en Sarel Roberts (18) toe hulle Vrydag saam vir die klub se oumanspan uitgedraf het. Die oumanne het amok gemaak en Cape Crusaders met tien drieë teen twee geklop.

Durbell se o.20s was ook aan die wenkant ná verlede week se teleurstelling en het indrukwekkend 44-0 teen SKW gewen.

Die o.20Bs het eweneens `n bonuspunt verdien deur Dolphins se o.20A-span 27-10 te klop.

Ander uitslae –

Superliga A

Universiteit van Kaapstad (UK) 24, Tygerberg 24; Universiteit van Wes-Kaapland 29, UK 14; Primrose 24, NNK 18; Brackenfell 22, Kuilsrivier 20; Hamiltons 22, Belhar 19; Valsbaai 30, Tygerberg 20.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.