WP neem voortou in Curriebeker se opstelronde

Jade Stiglingh - vier drieë. (Foto: Varsity Cup)

Jade Stiglingh – vier drieë. (Foto: Varsity Cup)

Die Westelike Provinsie is die voorloper in die opstelronde van die Curriebeker nadat hy Saterdag op Nuweland met die Grens afgereken het.

Die Streeptruie het 52-26 gewen nadat hulle rustyd net-net 19-16 voor was.

Die besoekers was halfpad deur die tweede helfte 26-23 voor toe hul Lindokuhle Welemu koelkas toe gestuur is. Die WP het in sy afwesigheid drie drieë gedruk en die Grens se moed gebreek.

Met een wedstryd elk oor, het die span ewe veel ligapunte (56) as die naasvoorloper, Griekwas, maar het `n beter batige puntesaldo.

Met die WP se oorblywende wedstryd teen die Welwitschias in Windhoek behoort hy boaan die punteleer te eindig. Griekwas moet nog teen die Luiperds op Potchefstroom speel.

In die naweek se ander wedstryde het Boland die Vrystaat-vyftiental 24-17 in Bloemfontein geklop nadat die tuisspan rustyd 7-3 voor was; die Goue Leeus-vyftiental het die Suidwestelike Distrikte 35-29 (10-8) op Roodepoort getroef; die Pumas het in Nelspruit 29-27 (12-10) oor die Luiperds geseëvier; die Blou Bulle het hul bepalings afgesluit deur die Welwischias op Loftus Versfeld 95-12 (38-5) te oorompel; die Valke het die Sharks-vyftiental op Kingspark met `n sege van 26-10 (12-3) verras; en in Port Elizabeth het die Griffons 32-24 (22-10) teen die OP Kings gewen.

Jade Stighling, die Blou Bulle se linkervleuel, was die naweek se voorste puntemaker nadat hy vier drieë  teen die Namibiërs gedruk het. Die Bulle se losskakel, Tony Jantjies, het 19 punte met `n drie en sewe doelskoppe behaal.

Masixole Banda, die losskakel van Grens, se twee doelskoppe en vier strafdoele het hom 16 punte in die sak gebring.

Twee spelers het elk 15 punte aangeteken: die WP se heelagter Grant Hermanus (`n drie en vyf doelskoppe) en die Leeus se losskakel Siya Masuku (drie elk doelskoppe en strafdoele).

Die puntemakers –

Westelike Provinsie 52 (19) – Drieë: Edwil van der Merwe (2), Tim Whitehead, Chad Solomon, Godlen Masimla, Cullen Collopy, Grant Hermanus, Justin Phillips. Doelskoppe: Hermanus (5).

Grens 26 (16) – Drieë: Lunga Dumezweni, Sonwabiso Mqalo. Doelskoppe: Masixole Banda (2). Strafdoele: Banda (4).

Vrystaat 17 (7) – Drieë: Carel-Jan Coetzee, Lorenzo Gordon. Doelskoppe: Sias Ebersohn (2). Strafdoel: Ebersohn.

Boland 24 (3) – Drieë: Christopher Bosch (2), Danwell Demas. Doelskoppe: Nico Scheepers (3). Strafdoel: Scheepers.

Goue Leeus 35 (10) – Drieë: Godfrey Ramaboea, Jo-Hanco de Villiers, JW Bell, Marco Jansen van Vuuren. Doelskoppe: Siya Masuku (3). Strafdoele: Masuku (3).

SWD 29 (8) – Drieë: Buran Parks, Kurt Haupt, Lenes Nomdo, Marco Kruger. Doelskoppe: Hansie Graaff (3). Strafdoel: Graaff.

Pumas 29 (12) – Drieë: Carel Greeff (2), De-Jay Terblanche, Tyler Fisher, Francois du Toit. Doelskoppe: Devon Williams, Justin van Staden.

Luiperds 27 (10) – Drieë: Loftus Morrison (2), Jaco Hayward (2). Doelskoppe: Schalk Hugo, Malherbe Swart. Strafdoel: Hugo.

Blou Bulle 95 (38) – Drieë: Jade Stighling (4), Andre Warner, Alcino Izaacs (2), Tapiwa Tsomondo, Divan Rossouw, Freddy Ngoza, Tony Jantjies, Marquit September, Abongile Nonkontwana (2), Jsuanre Swanepoel; Doelskoppe: Jantjies (7), Joshua Stander (2).

Welwitschias 12 (5) – Drieë: Johann Wohler, Riaan van Zyl; Doelskoppe: Shaun Kaizemi.

Sharks 10 (3) – Drie: Stephan Coetzee. Doelskop: Innocent Radebe. Strafdoel: Radebe.

Valke 26 (12) – Drieë: Christian Rust (2), Dean Muir, Thabo Mamojele. Doelskoppe: Warren Potgieter (3).

OP Kings 24 (10) – Drieë: Strafdrie, Garrick Mattheus, Lindelwe Zungu. Doelskoppe: Mattheus, Simon Bolze (2). Strafdoel: Bolze.

Griffons 32 (22) – Drieë: Japie Nel, Selvyn Davids, Warren Williams. Doelskoppe: Duan Pretorius (3), Strafdoele: Pretorius (2).

Opgesomde punteleer –

WP 56, Griekwas 56, Boland 49, Goue Leeus 46, Pumas 46, Vrystaat 40, Blou Bulle 38, Griffons 36, Luiperds 32, SWD 28, Sharks 28, Grens 25, Valke 25, OP Kings 12, Welwitschias 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.