WP pak die Sharks in CB-eindstryd in Durban

Robert du Preez – hou die sleutel. (Foto: GB Jordaan)

Sjoe, dit was nie ʼn gepaste getuigskrif vir Suid-Afrikaanse rugby nie.

Maar dit is seker heel gepas dat die twee voorste spanne op die Curriebeker-puntelys, die Sharks en die Westelike Provinsie, mekaar aanstaande Saterdag in Durban in die eindstryd om die dié beker pak.

Dit volg nadat die WP in Saterdag se tweede halfeindstryd op Nuweland die Goue Leeus met 19-5 geklop het nadat die Streeptruie met rustyd met 13-5 voor was.

Vroeër het die Sharks die Blou Bulle op Kingspark met 37-27 geklop.

Daar was heelwat vrae oor die stryd op Nuweland. Altesaam 30 strafskoppe, 17 vir die Goue Leeus en 13 vir die WP. Net twee drieë, een elke kant, geniepsigheid, ’n magdom foute, powere hantering en swakkerige besluitneming.

Jinne mense, daar was ʼn hele paar Springbokke op die verhoog en ʼn hele paar aanspraakmakers, maar as dit die gehalte is, wag daar probleme op die komende toer en toetse teen Ierland, Frankryk, Italië en Wallis.

Ja, die kern van die Bokspan mag nie in die reeks speel nie, maar is dit werklik ons eerste- en tweedevlakspelers?

ʼn Vraag of twee aan die Goue Leeus. Wanneer jy die wêreld se beste haker, Malcom Marx, in jou span het, hoekom stuur jy hom eers ná 35 minute op die veld wanneer jy agter is – en hy vroeër op die amptelike spanlys ingesluit was?

Dit laat ʼn mens aan Ian McIntosh se kopspeletjies van ʼn hele paar seisoene gelede herinner. Het dit gehelp of ʼn verskil gemaak? Nee!

Vir die WP wag daar ook harde werk. Hulle het ʼn stewige pak met sterk sutte in JC Janse van Rensburg en Wilco Louw. JD Schickerling is ʼn onderskatte slot en die die lostrio is woelig. Agterlangs hou die losskakel Rober du Preez die sleutel, al verhuis hy volgende jaar terug Durban toe.

Kan hulle die die Sharks klop?

Nie as hulle soos teen die Goue Leeus speel nie.

Die puntemakers –

WP 19 (13) – Drie: Wilco Louw. Doelskop: Robert du Preez. Strafdoele: Robert du Preez 4.

Goue Leeus 5 (5) – Drie: Jaco van der Walt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eugene L ·

Sjoe was die kenners nou n leeu bulls finaal lol would lyk goed vir die titel die jaar ne

Eugene L ·

Waar die sogenaamde kenners nou n bulls lions finaal lol

wollie ·

19-5. Groot pakslae vir die sg. rugbybrekers in SA en WP het nie eers hul SARU gekontrakteerde spelers tot hul beskikking gehad nie. Kan hulle die Sharks klop? – ek dog hulle het dit net ‘n week gelede in Durban gedoen (sonder manne soos Etsebeth, Du Toit, Kolisi, ens.). Die skrywer moet meer bekommerd wees oor die kwaliteit van spelers soos Rohan Janse van Rensburg wie almal in die Bok-span wil inskryf.

barend ·

ek is n leeu en n bull ondersteuner ,ons is nie weg nie ,wat laat julle mense dink dat ons weg is of stil is .rugby is net n sport n mens moet wen of verloor

Frans C ·

Die WP het gewen en dit verdien omdat hul die Leeus voorlangs vasgevat het en hul kanse beter benut het..Die Leeus se voorry oortuig nog steeds nie en het hul agterlyn sover agter die voordeellyn gespeel dat hul eintlik keer op keer veld verloor het.Ruan Dreyer se skrumwerk moet ‘n bron van kommernis vir die Leeus en Springbokke wees.

Een ding wat onmiddellik uit rugby uitgeskakel moet word is die plasing van die bal.
As jy doodgevat word en op die grond beland maak nie saak watter deel eerste kontak maak,los die bal en rol weg, van toepassing op beide laagvatter en laagevatte.
Beweeg dan terug agter die naaste spanspeler aan jou voordat jy weer deelneem.

Saterdag het ons weereens vir die soveelste keer gesien,dat ‘n speler Wilco Louw nie die bal onmiddellik plaas soos vereis word nie,maar homself eers op sy knie oplig om vorentoe te beweeg en dan die bal op die lyn plaas.

Snaaks dat kommentators dit sien, kommentaar lewer maar die skeidsregter,sy assisente en TMO doodstil bly.Daar is geen verdediging teen ‘n speler wat om die grond lê en die bewging uit voer nie.’n Speler wat so ‘n drie druk weet hy oortree maar as die skeidsregter dit toelaat,hoekom nie.

Baie bly om te sien dat Kwagga eerlik genoeg was om duidelik te kenne gee dat hy nie gedruk het nie,al wou die skeidsregter dit toeken.

Realis ·

Sjoe, wie gee nou eintlik om? ‘n Afgewaterde Curriebeker kompetisie, swak gehalte en vervelige rugby wat opgedis word en julle ou klompie blaak dáároor? Nee wat mense, ons land het groter probleme wat dringende aandag moet geniet eerder as om oor ‘n klomp windlawaairugbyspelers wat meer gepla is oor hulle haarstyle en tattoes op hul liggame, mekaar op sosiale media in te vlieg…

BAREND ·

frans c hoe se die engels man SPOT ON met jou kan n mens rugby praat goeie kommentaar
baie dankie

Frans C ·

Barend
Ek was stomgeslaan toe ek op News24 lees dat die Leeus se afrigter erken het dat Ruan Dreyer met ‘n besering gespeel het.Dit mag die Leeus en Bokke se gesukkel in die voorry verklaar.
Hoop dat sy mediese span nou sal aanbeveel dat hy kans kry om volkome te herstel.

Josua Keys ·

Van ‘n Leeu ondersteuner!! Welgedaan WP julle het regtig baie goed gespeel en het beslis verdien om te wen, wat my wel bekommer is dat Swys die tradiesie van die Leeus se span wat hy en Johan daar gestel het begin verander en ek weet nie waarom nie. Ons het die afgelope twee tot drie jaar al gewoond geraak dat reserwes op die veld gesit word enige tyd van die 50ste minuut tot die sestigste minuut ongeag hoe die span gevaar het. Jip die Leeus was bietjie op die agtervoert voor halftyd maar steeds goed in die wedstryd en swak beslissings het hulle van die telbord af gehou en toe “backfire” Swys se troefkaart en dit het daartoe gely dat die hele spel patroon ontwrig was, die laaste sewe minute van die wedstryd was die Leeus aan die brand gewees met die plaasvervangers wat eers laat in die tweede helfte opgestuur was sou Swys Malcolm Marx hulle soos oudergewoonte in die 60ste minuut saam die res opgestuur het sou dit dalk ‘n ander storie gewees het. Swys hier sal jy groot asb weer terug moet gaan na waaraan julle gewoond was en wat jy in plek gehad het anders het ons probleme volgende jaar, die “finishing” van die leeus is waar die geheim gelê het en wat die Leeus karakter gegee het, moet dit asb nie opvoeter nie maar ek weet julle sal dit regstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.