WP se Skot terug ná lang afwesigheid

Huw Jones. (Foto: Facebook/Stormers)

Die Westelike Provinsie se Skotse toetsspeler is, ná ʼn lang afwesigheid weens ʼn besering, terug in die bond se Curriebekerspan vir Saterdag se kragmeting teen die Blou Bulle op Nuweland.

Huw Jones, wat Skotland sedert verlede jaar in agt toetse verteenwoordig het, se dyspier het dermate herstel dat hy sy plek as binnesenter in die opdrafspan inneem.

Die WP is een van vier spanne wat drie wedstryde in agt dae speel, en die span toon nóg vier veranderinge van die span wat teen Griekwas slae gekry het.

Jano Vermaak vervang die beseerde Dewaldt Duvenhage op skrumskakel; Damian Willemse ruil op losskakel plekke met Kurt Coleman, wat bank toe skuif; en die flanke Jaco Coetzee en Steph de Wit (bank toe) en hakers Scarra Ntubeni en Ramone Samuels (bank toe) wissel eweneens plekke.

Die bankslot Eddie Zandberg sal na verwagting sy Curriebekerbuiging maak.

Die span –

15. SP Marais, 14. Seabelo Senatla, 13. EW Viljoen, 12. Huw Jones, 11. Bjorn Basson, 10. Damian Willemse, 9. Jano Vermaak, 8. Nizaam Carr, 7. Kobus van Dyk, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Scarra Ntubeni, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Ramone Samuels, 17. Michael Kumbirai, 18. Eddie Zandberg, 19. Steph de Wit, 20. Justin Phillips, 21. Kurt Coleman, 22. Dan Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.