WP se Superliga A word met `n knal hervat

durbell-logo.squareDie Westelike Provinsie se Superliga A word Saterdag na `n onderbreking van vyf weke met `n knal hervat wanneer die voorloper met die Goue Beker-kampioen te kampe het.

Durbanville-Bellville, die oop klubs se nasionale kampioen, is op sy tuisveld in Durbanville die gasheer vir die voorloper, Valsbaai, verlede jaar se beste oop klub in die WP. Hy (Valsbaai) verteenwoordig die bond in vanjaar se reeks wat `n internasionale kleur kry met die insluiting van Namibië en Zimbabwe se klubkampioene.

Durbell is tans vierde op die WP-punteleer, en het dusver net een wedstryd verloor; waar Valsbaai nog nie geklop is nie, maar wel `n slag teen Hamiltons gelykop gespeel het (24-24).

Die span van Constatia spog met 41 ligapunte teenoor Durbell se 34.

Tygerberg (38) is tans tweede en Hammies (37) derde.

Die Tiere het dusver tien wedstryde gespeel, Valsbaai en Hammies nege elk en Durbell agt.

Saterdag se wedstryde in Durbanville begin al 12:30 en die eerste spanne skop 15:30 af.

In die enigste ander wedstryd Saterdag in die A-afdeling speel Belhar (sewende uit die 15 spanne) teen die agteros, Noordelikes Northlink-kollege (NNK).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.