WP verander ses – en speelveld

Chad Solomon - terug na besering. (Foto: WP Rugby)

Chad Solomon – terug na besering. (Foto: WP Rugby)

Die Westelike Provinsie het nie net ses veranderings in die span vir sy wedstryd Saterdag teen die Griffons aangebring nie, maar ook die speelveld verskuif.

Die kragmeting wat vir Faurestraat in die Paarl bepaal is, vind vanweë die heersende weer en die veldtoestand nou op Stadspark in Athlone plaas.

Die afrigter, John Dobson, het drie elk veranderings in die agterlyn en die agttal aangebring vergeleke by die span wat die Luiperds twee weke gelede 43-34 geklop het.

Sibahle Maxwane kry `n kans op die linkervleuel en die skakelpaar, Robert du Preez en Godlen Masimla, is terug nadat hul van beserings herstel het.

Jurie van Vuuren en Eital Bredenkamp is die nuwe flanke. Luke Stringer en Beyers de Villiers skuif bank toe. Chad Solomon, die haker, is ook terug nadat hy beseer was.

Dobson sê die span, wat tans tweede op die punteleer is, wil voortbou op die goeie fondament wat hy dusver gelê het en mik na die eerste plek wat tans deur Griekwas beklee word.

Die span –

15. Grant Hermanus, 14. Khanyo Ngcukana, 13. EW Viljoen, 12. Jaco Taute, 11. Sibahle Maxwane, 10. Robert du Preez, 9. Godlen Masimla, 8. Kobus van Dyk, 7. Jurie van Vuuren, 6. Eital Bredenkamp, 5. Chris van Zyl (kaptein), 4. Jean Kleyn, 3. Wilco Louw, 2. Chad Solomon, 1. Alistair Vermaak. Bank: 16. Cullen Collopy, 17. Kyle Whyte, 18. Luke Stringer, 19. Beyers de Villiers, 20. Justin Phillips, 21. Brandon Thomson, 22. JP Lewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.