Die tot dusver onoorwonne Westelike Provinsie het twee veranderings aangebring in sy opdrafspan wat Sondag in Mdantsane teen die Blou Bulle in die halfeindronde van die Supersportreeks speel.
Chad Solomon begin die wedstryd op haker, en Khanyo Ngcukana is terug op die vleuel nadat hy van ʼn besering herstel het.
Daar is ook twee veranderings op die bank, waar die buiteagterspeler Grant Hermanus en die slot Ruben de Villiers ʼn kans kry.
Vir die res is die span behou wat die Vrystaat-vyftiental in die kwarteindronde met 26-0 geklop het.
Die span –
15. Craig Barry, 14. Khanyo Ngcukana, 13. Michal Hazner, 12. Ruhan Nel, 11. Marcello Sampson, 10. Kurt Coleman, 9 Godlen Masimla, 8. Jaco Coetzee, 7. Johan du Toit, 6. Eital Bredenkamp (kaptein), 5. Eduard Zandberg, 4. Jurie van Vuuren, 3. Michael Kumbirai, 2. Chad Solomon, 1. Caylib Oosthuizen. Bank: 16. Dean Muir, 17. Frans van Wyk, 18. Ruben de Villiers, 19. Luke Stringer, 20. Herschel Jantjies, 21. Brandon Thomson, 22. Grant Hermanus.
Ek sien vanoggend ‘n berig elders en dit is dat die Cheethas vorentoe in die Europese reeks in die Noorde gaan meeding. Baie opgewoonde vir hul part, wens hulle hope sukses toe, 100 vir julle. Wat van die Leeus?
Korrek. Asook die EP/Southern Kings. Aankondiging word later vandag verwag.
SuperSport geborgde semi-finale 9 Julie: WP vs Bulls, Lions vs Griekwas in Mdantsane Oos-Londen voor 20 000 “rent a crowd” toeskouers want toegang is verniet. My DSTV subskripsie word ernstig oorweeg.
Lol, dankie vir jou kommentaar. Mag die spanne wat in die noorde gaan meeding, ‘n nuwe dimensie in ons rugby bring. Dit lyk my vlerke sprei is maar die toekoms, veral die Cheethas verdien dit, mag hulle hope belangstelling van spelers wat by hulle gekontrakteer wil word wakker maak. Blootstelling in die Noorde sal ons meer as goed doen, te staan kom. Die ander jaloers maak.
Wat jou DSTV subskripsie aan betref, ek het ‘n jaar gelede afgeskaal, want ek het die vol pakket net vir sport gehou. Dit is egter ook nie meer lonend nie. Ek kyk nou maar net die uitslae op die internet.