WP verander twee vir sleutelstryd teen Sharks

Die Westelike Provinsie is verplig om twee veranderinge in sy opdrafspan vir Saterdag se sleutelwedstryd teen die Sharks op Nuweland te maak.

Jano Vermaak se insluiting in die Springbok-groep na Argentinië bied Dewaldt Duvenhage weer ʼn kans op skrumskakel.

SP Marais se kniebesering beteken dat Dillyn Leyds heelagter toe verskuif is, en Ruhan Nel in sy plek as linkervleuel opdraf.

Die losskakel Robert du Preez het van sy besering herstel en kry plek op die bank, saam met Eddie Zandberg (slot) en Justin Phillips (skrumskakel).

Die span –

15. Dillyn Leyds, 14. Seabelo Senatla, 13. EW Viljoen, 12. Huw Jones, 11. Ruhan Nel, 10. Damian Willemse, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Cobus Wiese, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Scarra Ntubeni, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Ramone Samuels, 17. Michael Kumbirai, 18. Eddie Zandberg, 19. Steph de Wit, 20. Justin Phillips, 21. Robert du Preez, 22. Dan Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.