WP verander vyf vir wedstryd teen Cheetahs

Die Westelike Provinsie het vyf veranderings aangebring in sy opdrafspan wat Saterdag op Nuweland teen die Vrystaatse Cheetahs speel.

Ali Vermaak het van ʼn besering herstel en vervang Wilco Louw op loskopstut. Dit sal sy 50ste wedstryd vir die Streeptruie wees.

Ramone Samuels is die nuwe haker in Siyabonga Ntubeni se plek, met Chad Solomon wat dié posisie van die bank af sal vul.

Jano Vermaak is terug uit die Springbokkamp en maak die oond in Dewaldt Duvenhage se plek skoon. Laasgenoemde vervang Justin Phillips op die bank.

Craig Barry maak sy buiging vir die WP op heelagter. Hy speel in Dillyn Leyds se plek.

Werner Kok vervang Seabelo Senatla op regtervleuel.

In die enigste ander veranderings is die losvoorspelers Sikhumbuzo Notshe en Kobus van Dyk op die bank gekies.

Die span –

15. Craig Barry, 14. Werner Kok, 13. EW Viljoen, 12. Huw Jones, 11. Ruhan Nel, 10. Damian Willemse, 9. Jano Vermaak, 8. Nizaam Carr, 7. Cobus Wiese, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Ramone Samuels, 1. Ali Vermaak. Bank: 16. Chad Solomon, 17. Michael Kumbirai, 18. Sikhumbuzo Notshe, 19. Kobus van Dyk, 20. Dewaldt Duvenage, 21. Robert du Preez, 22. Dan Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.