WP vervang hele voorry, skakels en nog twee

Die Westelike Provinsie se span wat Woensdag in Kimberley met Griekwas in die reeks om die Curriebeker kragte meet, kry ʼn nuwe voorry, skakelpaar en toon nog twee veranderinge.

In die voorry neem Wilco Louw, Ramone Samuels en JC Janse van Rensburg by Frans van Wyk, Bongi Mbonambi en Ali Vermaak oor.
Kurt Coleman (losskakel) en Dewaldt Duwenhage (skrumskakel) vervang Damian Willemse en Justin Phillips.

Seabelo Senatla skuif van linker- na regtervleuel om vir Bjorn Basson plek te maak, en Michal Hazner is terug op senter ten koste van Dan Kriel.

Die bankhaker Scarra Ngobeni behoort in sy 50ste wedstryd vir die Streeptruie te speel.

Die span –

15. SP Marais, 14. Seabelo Senatla, 13. EW Viljoen, 12. Michal Hazner, 11. Bjorn Basson, 10. Kurt Coleman, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Kobus van Dyk, 6. Steph de Wit, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Ramone Samuels, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Scarra Ntubeni, 17. Michael Kumbirai, 18. Jurie van Vuuren, 19. Jaco Coetzee, 20. Jano Vermaak, 21. Huw Jones, 22. Damian Willemse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.