WP voor strafste toets in Frankryk

Die Westelike Provinsie kom Donderdag voor die strafste toets in die twee wedstryde op sy Franse besoek te staan.

Montpellier, die naaswenner van die afgelope Franse Top14-liga, het 11 Suid-Afrikaners, insluitende ses Springbokke in sy breë spelersgroep.

Hoeveel van hulle teen die Streeptruie sal uitdraf, moet gesien word, maar die Bokke is Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Ruan Pienaar, Jan Serfontein, Frans Steyn en Johan Goosen.

Nico Janse van Rensburg, Paul Willemse en Wiaan Liebenberg (as kaptein) het Suid-Afrika op o.20-vlak verteenwoordig.

Jacques du Plessis het Superrugby vir die Bulls gespeel, en Henry Immelman o.21-rugby vir die Vrystaat.

Die WP-span lyk sterker as die een wat Narnonne Saterdag met 59-14 opgedons het, en word deur die losskakel, Dillyn Leyds, aangevoer.

Aan die keersy, Montpellier is op geheel en al ʼn ander vlak as Narbonne.

Die wedstryd is deel van die stad Millau se Somerrugbyfees.

Die spanne –

Westelike Provinsie

15 SP Marais, 14 Craig Barry, 13 JJ Engelbrecht, 12 Dan Kriel, 11 Sergeal Petersen, 10 Dillyn Leyds (kaptein), 9 Jano Vermaak, 8 Juarno Augustus, 7 Kobus van Dyk, 6 Chris Massyn, 5 JD Schickerling, 4 Salmaan Moerat, 3 Michael Kumbirai, 2 Ramone Samuels, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Scarra Ntubeni, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Neethling Fouché, 19 Ernst van Rhyn, 20 Chad Solomon, 21 Johan du Toit, 22 Herschel Jantjies, 23 Josh Stander, 24 Paul de Wet, 25 Dan du Plessis, 26 Duncan Saal.

Montpellier (uit)

Bismarck du Plessis, Romain Ruffenach, Levan Chilachava, Jannie du Plessis, Grégory Fichten, Antoine Guillamon, Mohamed Haouas, Mikheil Nariashvili, Yvan Watremez, Jacques du Plessis, Nico Janse van Rensburg, Julien Le Devedec, Konstantin Mikautadze, Paul Willemse, Julien Bardy, Yacouba Camara, Martin Devergie, Kélian Galletier, Kévin Kornath, Wiaan Liebenberg, Fulgence Ouedraogo, Valentin Paget, Louis Picamoles, Benoît Paillaugue, Ruan Pienaar, Enzo Sanga, Julien Tomas, Aaron Cruden, Thomas Darmon, Alexandre Dumoulin, Guillaume Galletier, Joris Jurand, Vincent Martin, Yvan Reilhac, Jan Serfontein, Frans Steyn, Nemani Nadolo, Timoci Nagusa, Gabriel N’Gandebe, Benjamin Fall, Johan Goosen, Henry Immelman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.