WR-binnegevegte kos SA glo RWB 2023

Binnegevegte en ʼn magstryd in Wêreldrugby (WR) het dié liggaam se raad se aanbeveling dat Suid-Afrika 2023 se toernooi om die Rugbywêreldbeker (RWB) aanbied glo gekelder.

The Guardian (Manchester) beweer lede van die raad is bekommerd oor die mag wat die voorsitter, Bill Beaumont, die ondervoorsitter, Agustin Pichot, en die uitvoerende hoof, Brett Gosper, uitoefen, en “het die geleentheid benut om hul spiere te bult”.

Frankryk se bod is op die ou end aanvaar.

Die blad sê Suid-Afrika het nie eens Rugby Afrika se steun vir sy bod gekry nie. Dié het ook vir die Franse gestem.

Hy sê die besluit om die toernooi aan Frankryk toe te wys, werp ʼn reuse-skaduwee oor WR en laat die liggaam “verleë en verward”, en dit is ʼn “vernietigende slag” vir Beaumont en die topbestuur.

Laasgenoemde ontken dat die verwerping van die aanbeveling ʼn vernedering vir hom is.

“Ek glo dit was ʼn regverdige en deursigtige proses. Lande kon van die puntetoekenning verskil, en dit was duidelik dat hulle het. ʼn Mens kan hulle nie daarvoor verkwalik nie,” het hy aan The Guardian gesê.

Hy het ook te kenne gegee dat die bodproses vorentoe so te sê gewis gewysig sal word.

Intussen blyk dit dat Ierland omgekrap is omdat Wallis en Skotland teen hom gestem het.

BBC Sport berig die Iere het wel Engeland se steun gekry, maar Wallis het vir Suid-Afrika en Skotland vir Frankryk gestem.

In teenstelling met dié verdeeldheid tussen die tuisunies, het die Sanzaar-lande, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië, Suid-Afrika soos een man gesteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eish ·

Daar waar die aas is sal die aasvoëls bymekaarkom.
die gemiddelde MM leser het geen wroeging oor die besluit nie dankie. Dis n reuse verligting.

wesley ·

Tussen almal, het SA die meeste stemme uit die “top-tier” lande ontvang, Frankryk het die klein federasies met geld beloftes in hul bod omgekoop. Almal praat oor die geweld in ons land wat die bod omgekeer het, maar dink jul die groot koppe ver weg van hier is gepla oor n kaping of n roof van toeriste in hierdie land??? Rerig??? Solank daai beursie bult is als reg in die land van Armani pakke en Moët champagne!

Gerhard ·

As ons al die spelers kan kies vir die Springbokke wat in Frankryk speel, behoort ons baie goed te vaar met die tuisveld voordeel.

A Mac ·

Enige grashalms sal nou gegryp word hoekom Suid Afrika nie die bod gekry het nie maar die realiteit is dat die wêreld nie meer ander pad kan kyk oor wat hier aan die gebeur is nie. My opinie is dat dit wat hier gebeur die groot rede was dat ons dit nie gekry het nie. Korrupsie, misdaad, onregeerbare gemeenskappe, en so kan mens aangaan.

Gerrit ·

Ek dink daai mense was baie slim,kyk wat gaan tans aan by ons.
Het iemand al gedink hoe gaan dit in 2023 lyk?

Callie ·

Meer moorde n dag in SA as wat twee spanne spelers vir n wedstryd het. Dankie dat die bod weg van SA is. Hoe sal ander lande moes rondhardloop as daar oor 2 jaar besef is die wereldbeker kan nie meer in SA gespeel word. Weereens SA rugby is gedoem vir 2019 en dalk hele SA vir 2023

bloues ·

Met swart Maandag optogde om moorde te stop, plaasmoorde wat aan die orde van die dag is, besoekers in SA wat beroof word net na hulle geland het, hoe kan enige regdenkende mens stem om die toernooi hier aan te bied. vergeet van stemme”koop” en al die ander foefies waaragter ons regering skuil.

Ons land is nie veilig nie en klaar!!

Speedguard ·

“But the most important part is” Soos ou Naas altyd se is “Cowboys dont cry” Nou weet almal hoe “Demokrasie” werk , soos vierkantige wiel !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.