WR-grootbaas wil Japan in Rugbykampioenskap hê

rugbykampioenskapDie grootbaas van Wêreldrugby (WR) wil hê dat Japan saam met Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië aan die Rugbykamioenskap moet deelneem, berig ESPN Scrum.

Bernard Lapasset, die voorsitter van WR, sê dit sal rugby in die Suidelike Halfrond sowel as rugby wêreldwyd tot voordeel strek.

Japan ry tans die kruin van die golf nadat sy indrukwekkende vertoning in die afgelope toernooi om die Rugbywêreldbeker (RWB) `n ongekende belangstelling in die spel in die land van die opkomende son aangewakker het.

Die verwagting is dat die belangstelling verder sal groei in die lig van die Sunwolves-franchise se deelname aan die Superreeks.

Lapasset glo Japan se betrokkenheid sal die spel oor die hele Asië heen laat groei, onder meer omdat van die Superwedstyde in Singapoer sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JOHANNES ·

Dit sal goed wees veral as mens hulle passie vir die sport sien.Ek stem saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.