Wynand Claassen kuier op ‘Die Losgemaal’

Foto: Verskaf.

Vir Jacques “Cappie” Henning en Hein Diemont is daar niks lekkerder as om oor rugby in Afrikaans te gesels nie; en met die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika is daar ongetwyfeld baie dinge om oor te praat.

Die twee entoesiastiese leunstoel-ondersteuners – een ’n vryskut-sportvideoredigeerder en die ander ’n rekenmeester – is mal oor sport en hulle het Die Losgemaal, Afrikaanse aanlyn rugbygeselsprogram, van stapel gestuur.

Die konsep van Die Losgemaal behels dat die twee aanbieders ’n “kenner” of huidige/voormalige spelers as gaste nooi en dan met hulle gesels oor die jongste verwikkelinge in die Suid-Afrikaanse rugbylandskap.

Die voormalige Springbok-kaptein Wynand Claassen gesels in hierdie episode oor sy herinneringe van die Britse en Ierse Leeus.

Daar is ook ’n spesiale insetsel van ’n “Franse huursoldaat” wat saam met die oudkaptein sy mening oor die toer gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.