Yslike terugslag vir All Blacks

Brodie Retallick - (Foto: 3news-co.nz)

Brodie Retallick – (Foto: 3news-co.nz)

Al 62 000 kaartjies vir Saterdag se toets op Ellispark is uitverkoop, maar die toetsgangers sal nie die All Blacks se beste vaste voorspeler in aksie sien nie. Richie McCaw sal wel daar wees – in sy rekord-134ste toets.

Die afwesigheid van die bobaas-slot Brodie Retallick is ‘n yslike terugslag vir die Nieu-Seelandse span, wat vir sy derde agtereenvolgende jaar onoorwonne deur die Rugbykampioenskap kan gaan.

Retallick het nie voldoende herstel van die harsingskudding wat hy in La Plata teen die Poemas opgedoen het nie en word deur Jeremy Thrush vervang. Die sny wat Wyatt Crockett onder sy oog ontvang het beteken ook dat die voorryman Dan Cole sy eerste begintoets sal speel.

Intussen word daar in die Springbokkamp duim vasgehou dat Duane Vermeulen Vrydagmiddag sy fiksheid sal kan bewys.

Taktiese skopwerk 

Die grootste kommer vir Heyneke Meyer is die Bokke se swak taktiese skopwerk – iets wat die afgelope paar jaar agteruitgegaan het, hoewel die span nou baie meer drieë druk.

Meyer is nie bekommerd oor die kwantiteit van die taktiese skoppe nie, maar oor hul kwaliteit. En die mense wat sug as hulle die woorde Bokke en skoppe in dieselfde sin hoor: die All Blacks het in elke toets vanjaar méér maar ook baie beter as die Bokke teen dieselfde teenstanders geskop.

Meyer het gesê taktiese skoppe is ‘n integrale deel van die moderne, holistiese benadering tot rugby.

“Ons moet as ‘n land daaraan werk. Ons was die beste taktiese skoppers en die beste onder hoë balle. Nou is dit moeilik om teen die All Blacks te speel. Hulle is goed, hulle is fiks en hulle het die vaardighede.”

Nieu-Seeland se span is:

15 Israel Dagg, 14 Ben Smith, 13 Conrad Smith, 12 Malakai Fekitoa, 11 Julian Savea, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Jerome Kaino, 5 Sam Whitelock, 4 Jeremy Thrush, 3 Owen Franks, 2 Keven Mealamu, 1 Joe Moody.
Bank: 16 Dane Coles, 17 Ben Franks, 18 Charlie Faumuina, 19 Steven Luatua, 20 Liam Messam, 21 Tawera Kerr-Barlow, 22 Colin Slade, 23 Ryan Crotty.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.