Yslike voorspelers, twee Suid-Afrikaners in Franse groep

Bernard le Roux, die Franse se flank vir die SA toetse. (Foto: Facebook)

Vir hierdie klomp Franse moet Allister Coetzee se Springbokke lig loop.

Die Franse afrigter Guy Noves het ʼn ervare toergroep van 35 spelers aangekondig wat in twee sarsies in Suid-Afrika sal aankom weens die Top14-eindstrydverpligtinge van spelers van Toulon en Clermont aanstaande Sondagaand.

Die res van die span vertrek reeds Sondag na Suid-Afrika. Die finaliste sal Maandag eers na Suid-Afrika vertrek.

Oor die span self kan daar net gesê word dat dit een van die bestes ter wêreld is, en dat veral die voorspelers se grootte indrukwekkend is.

Die dae van Franse flair is reeds lank agter die rug, en die Bokke kan hulle maar klaarmaak vir voorlangs swoeg.

Noves het die losskakel Jules Plisson, wat lank beseer was en ʼn jaar laas toetsrugby gespeel het, gekies.

Daar is ook vier nuwelinge wat nog nie toetsrugby gespeel het nie in die groep. Hulle is die yslike stut van La Rochelle, Mohamed Boughanmi wat 131 kg weeg en 1,93 m lank is, Clermont se senter Damian Penaud (20), Castres-flank Anthony Jelonch (20) en die La Rochelle-vleuel Vincent Rattez (25).

De span het benewens Boughanmi die heelwat groter Unini Atonio, ʼn stut wat glo 155 kg weeg en 1,97 m lank is – so lank soos heelwat toetsslotte en net drie sentimeter korter as Pieter-Step du Toit! Albei kom van Nieu-Seeland af, maar Atonio is in Samoa gebore.

Noves het ook twee Suid-Afrikaners, die flank Bernard Le Roux en die gereelde Franse heelagter Scott Spedding, ingesluit. Noves het le Roux weer speelkans in die 2017-Sesnasiesreeks gegee nadat hy die vorige jaar net in ʼn enkele Sesnasiestoets gespeel en nie die toerspan na Argentinië gehaal het nie.

Die groep –

Voorspelers (19):
Uinini Atonio (La Rochelle), Eddy Ben Arous (Racing 92), Mohamed Boughanmi (La Rochelle), Yacouba Camara (Toulouse/Montpellier), Camille Chat (Racing 92), Xavier Chiocci (Toulon), Goujon (Bordeaux-Bègles), Kevin Gourdon (La Rochelle), Guilhem Guirado (Toulon), Arthur Iturria (Clermont), Anthony Jelonch (Castres), Julien le Devedec (Brive), Bernard le Roux (Racing 92), Yoann Maestri (Toulouse), Clement Maynadier (Bordeaux-Bègles), Louis Picamoles (Northampton/England), Jefferson Poirot (Bordeaux-Bègles), Rabah Slimani (Stade Français/Clermont), Romain Taofifenua (Toulon).

Agterspelers (16):
Djibril Camara (Stade Français), Henry Chavancy (Racing 92), Jonathan Danty (Stade Français), Jean-Marc Doussain (Toulouse), Brice Dulin (Racing 92), Antoine Dupont (Castres), Gael Fickou (Toulouse), Yoann Huget (Toulouse), Camille Lopez (Clermont), Maxime Machenaud (Racing 92), Damian Penaud (Clermont), Jules Plisson (Stade Français), Vincent Rattez (La Rochelle), Baptiste Serin (Bordeaux-Bègles), Scott Spedding (Clermont), Virimi Vakatawa (FFRU).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Die Franse het duidelik kennis geneem van die Bokke se gesukkel voorlangs op hul oorseese toer en gaan dus die Bokke voor aanpak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.