Zain Davids vir twee wedstryde geskors

Zain Davids, flank van die Junior Bokke, is vir twee wedstryde geskors (Foto: Facebook Zain Davids)

Zain Davids, flank van die Junior Springbokke, is vir twee wedstryde geskors nadat hy Sondag in die wedstryd teen Georgië van die veld gestuur is omdat sy kop  tydens ʼn onderonsie met dié van ʼn teenstander kontak gemaak het.

ʼn Kopstamp in die ware sin van die woord was dit egter nie. Davids het sommer net in die rigting gemik maar ongelukkig kontak gemaak.

Die  verhoorbeampte het dit as ʼn laevlak-oortreding beskou en Davids is vir net die twee wedstryde geskors.

Dit beteken nietemin dat Davids eers weer op 18 Junie in die laaste ronde wedstryde van die Wêreldkampioenskap sal kan speel. Hy sal dus nie Donderdag teen Argentinië in die laaste groepronde kan speel of in die halfeind indien die Junior Bokke so ver vorder nie.

Na Donderdag speel al die spanne nog twee wedstryde elk, wat die halfeind en eindstryd insluit, om die rangorde van elke span te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Hope talent, maar stuur hom terug huis toe, hy speel ver onder potensiaal en draf net saam, nou word hy nog n vuil speler ook.

Jaybee ·

Davids was verlede jaar een van die uitblinkers, maar is ver van sy beste af. Miskien het die bokkies se swak spel iets met die afrigting te doen, Roux was verlede jaar een van AC se hulp afrigters. So terloops ek dink dit was ‘n kop stamp en hy verdien die straf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.