Zeilinga terug vir Cheetahs na Italië, Ierland

Fred Zeilinga – terug. (Foto: Cheetahs)

Die losskakel Fred Zeilinga is terug in die Cheetahs-groep wat Dinsdag na Europa vertrek vir sy eerskomende verpligtige in Italië en Ierland in die Pro14-reeks.

Hy was lank buite aksie, eers met ʼn beseerde dyspier en sedertdien as gevolg van ʼn heupoperasie.

Die groep sluit steeds Ernst Stapelberg in, wat van die Maties se Varsitybekerspan af Vrystaat toe is en hom uitstekend van sy taak as losskakel gekwyt het.

Francois Venter voer die span aan.

Die Springbokvleuel Raymond Rule en die veelsydige agterspeler Sergeal Petersen speel vir oulaas vir die Cheetahs, voor hulle hul loopbane by die Stormers gaan voortsit.

Die span speel Saterdag teen die Italiaanse klub Zebre in Parma en die week daarop teen die Ierse provinsie Connacht in Galway.

Die groep –

Voorspelers: Charles Marais, Ox Nche, Torsten van Jaarsveld, Jacques du Toit, Joseph Dweba, Aranos Coetzee, Tom Botha, Luan de Bruin, Justin Basson, Reniel Hugo, Rynier Bernardo, Paul Schoeman, Henco Venter, Junior Pokomela, Oupa Mohoje.

Agterspelers: Tian Meyer, Shaun Venter, Ernst Stapelberg, Fred Zeilinga, Makazole Mapimpi, William Small-Smith, Francois Venter (kaptein), Nico Lee, Raymond Rhule, Sergeal Petersen, Luther Obi,
Ali Mgijima.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bloues ·

Die Vrystaat is seker bly dat Rule ‘n ander heenkome gevind het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.