Zimbabwe: vier hoop nog op Goue Bekerkans

Vier spanne het nog ʼn kans om Zimbabwe in vanjaar se reeks om die Goue Beker te verteenwoordig.

Die aanduiding is egter dat Old Georgians (OG), wat die mantel verlede jaar gedra het, dit weer sal doen.

Vir enige van die ander drie spanne om die eerste ronde van die Tussenstedelike Liga (ICL) te wen, sal die onoorwonne OG albei sy laaste wedstryde moet verloor.

Die span wat ná afloop van die eerste ronde boaan die punteleer eindig, sal Zimbabwe in die gesogte internasionale reeks van die SA Rugbyraad (Saru) verteenwoordig.

Die ander aanspraakmakers is Mutare (wat nog drie wedstryde moet speel), Harare Sports Club (HSC) en Old Hararians (OH). Laasgenoemde twee het elk vier wedstryde oor.

Nody Kanyangarara, die viseperesident van die Zimbabwe-rugbyunie (ZRU), het aan Pale Toe! gesê die ligaprogram het effens agter geraak, maar die Goue Beker-deelnemer behoort teen einde Julie bevestig te word.

Opgesomde punteleer –

OG 39, Mutare 29, HSC 25, Polisie 25, OH 21, Matabeleland Warriors 18, Old Miltonians 16, Gweru 7, Old Johanians 6, Highlanders 5, Bulldogs 5.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.