Zoeloelandliga: nuwe wenners, dispuut oor beker

Die Zoeloelandse Subunie het twee nuwe bekerwenners, maar in die een geval is daar nog ʼn dispuut hangende.

Met die eerste helfte van die seisoen agter die rug, het Hluhluwe die Stewartskild verower, wat verlede jaar deur Empangeni III gewen is.

Die Universiteit van Zoeloeland is die voorlopige wenner van die Van Rooyenbeker, maar Richardsbaai het ʼn beswaar daarteen ingedien.

Rodger Jackson, die subunie se sekretaris, sê die beswaar moet nog aangehoor word.

Mandini het verlede jaar die Van Rooyenbeker gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.