ZRSU-liga: Pongola reken met Mtubatuba af

Pongola het Vrydag in die Zoeloelandse Subunie (KwaZulu-Natal) se plaaslike liga met Mtubatuba afgereken.

Hy het die kragmeting met 41-12 gewen, nadat hy rustyd reeds met 31-5 voor was.

Annet Jardim, die klub se sekretaresse, sê dis ‘n jong span met ʼn klompie ongelooflik gemotiveerde en talentvolle spelers wat gewys het wat in hulle steek.

“Pongola is uiters trots op die jongelinge wat altyd hul beste vir die spel en die span gee.

“Jason Kriel en Stefan Holl het skitterend gespeel, en is as die twee spelers van die wedstryd aangewys. Albei se rugby het in die jongste tyd sterk ontwikkel.”

Kriel, Andries Beukes, Hendrik Grobbelaar, Holl, Larry Erasmus, Jan Visser en Moebie Beukes het Pongola se sewe driee gedruk.

Boet Burger het drieë daarvan verdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.