ZRU-liga: voorlopers wat mekaar voor die bors

Twee van die drie voorlopers in die Zimbabwiese Rugbyunie (ZRU) se Tussenstedelike Liga (ICL) vat mekaar Saterdag op Hartsfield in Bulawayo voor die bors.

Die liga sal bepaal watter klub die ZRU vanjaar in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale Goue Bekerreeks (GB) sal verteenwoordig.

Drie klubs het na die eerste twee weke elk tien ligapunte, en van hulle durf Matabeleland Warriors en Old Miltonions mekaar in die derde weekronde aan.

Warriors is op grond van ʼn beter batige punteverskil tans eerste en Old Miltonians derde.

Die tweede geplaasde Mutare het ʼn loslootjie.

Old Georgians, wat verlede jaar sy man in die GB-reeks gestaan het, het nog net een wedstryd vanjaar gespeel en draf Saterdag op sy tuisveld teen Old Hararians op. Hy behoort die wedstryd te wen.

Old Johanians speel op dieselfde veld teen Harare Sports Club, wat die gunsteling is om dié kragmeting te wen.

Die vroeë wedstryd op Hartsfield tussen Bulldogs en Highlanders behoort ʼn strawwe stryd op te lewer.

Op Gweru behoort die besoekende Police Defenders met die tuisspan af te reken.

Opgesomde punteleer –

Tussenstedelike Liga

Matabeleland Warriors 10, Mutare 10, Old Miltonians 10, Old Georgians 5, Harare Sports Club 4, Police Defenders 2, Old Hararians 1, Bulldogs 0, Highlanders 0, Gweru 0.

Uitslae dusver –

Week 1

Matabeleland Warriors 50, Bulldogs 0; Old Miltonians 29, Highlanders 10; Mutare 52, Gweru 10.

Week 2

Old Miltonians 29, Bulldogs 10; Warriors 97, Highlanders 10; Mutare 28, Police Defenders 27; Old Georgians 50, Old Johannians 0; Harare Sports Club 16, Old Hararians 11.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.