SA junior hokkievroue het stywe loting in Wêreldbekertoernooi

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Suid-Afrika is een van die 16 spanne wat van Donderdag af in Santiago, Chili, aan die Junior Wêreldbekertoernooi vir vroue deelneem – en hul wenkanse is maar eina omdat hulle onder meer in ʼn besonder moeilike groep geloot is.

Suid-Afrika is saam met Chili, Engeland en Australië in groep C en speel hul eerste wedstryd Donderdag teen die Aussies.

Die SA o. 21-span het vroeër vanjaar as ʼn span aan die nuwe (senior) HPL-liga as die Namakwaland Daisies deelgeneem en nie ʼn enkele wedstryd gewen nie. Daar kan maar net gehoop word dat die span mekaar sedertdien beter leer ken en aansienlik verbeter het.
Die toernooi duur tot 4 Desember.

♦  Die mans se Junior Wêreldbeker word vanaf 8 tot 18 Desember in Lucknow, Indië, gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.