SA o.21-hokkiespan spog met eerste oorwinning

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika se o.21-manshokkiespan het sy tweede wedstryd by die Junior Wêreldbekertoernooi in Lucknow, Indië, Saterdag oortuigend 3-1 teen Kanada gewen nadat die span in die eerste ronde teen Engeland verloor het.

Kanada het eerste, ná 21 minute, ʼn doel aangeteken, maar Kyle Lion-Cachet het kort daarna die telling weer gelykop gemaak.

Die Suid-Afrikaners het in die 41ste minuut die voortou geneem met Ryan Crowe se doel. Walter Pfaff se doel in die 55ste minuut het Suid-Afrika se voorsprong verder vergroot. Dit is Kanada se tweede neerlaag in die toernooi.

Suid-Afrika is, soos in die verloorwedstryd teen Engeland, weer gereeld gestraf en het drie groen- en twee geelkaarte op die lyf geloop.

Die Proteas speel Maandag teen die gasheerland, Indië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.