SA skoolspanne vertoon sterk by rugbyfees

Dit is in Stellenbosch waar al die aksie plaasvind. Foto: Facebook.

Durban se Glenwood High School het gister die bal aan die rol gesit vir die Suid-Afrikaanse aanslag by die Wêreldskole Rugbyfees in Stellenbosch toe hulle Nieu-Seeland se John McGlashan 32 – 17 in die openingswedstryd geklop het.

Daarna het SACS (Kaapstad), Hoërskool Monument (Krugersdorp), en Paarl Gimnasium ook hul teenstanders ore aangesit, terwyl die SA Uitnodigingspan ook ver gewen het.

Op vandag se spyskaart sal Affies (Pretoria), Boland Landbou (Paarl), Hilton College (KZN Middellande), Grey Kollege (Bloemfontein) en Paul Roos Gimnasium (Stellenbosch) in aksie wees.

  • Vandag se program:

10:30: Affies teen Italiaanse All Stars

12:00: Boland Landbou teen Napier Boys’ High

13:30: Hilton College teen VSA Skole XV-tal

15:00: Grey Kollege teen Christchurch Boys’ High

16:30: Paul Roos teen Southland Boys’ High

Puntemakers op Dag Een:

  • Glenwood 32 – 17 John McGlashan

Glenwood: Drieë: Nico Steyn (2), Martino van Wyk (2), Katleho Thomaga. Doelskoppe: Jordan Hendrikse, Joe Jonas. Strafskop: Jonas.

John McGlashan: Drieë: Harrison Morton, Leroy Ferguson, Jack Colbourne. Doelskop: Andrew McKenzie.

  • SA Uitnodiging 76 – 29 Wêreldskole Uitsoekspan

SA Uitnodiging: Keke Morabe (2), Royden Masters (2), Jared Taylor (2), Divan Roelofse (2), Damon O’ Connell, Nigia Selengbe, Keane Galant, Sibusiso Shongwe. Doelskoppe: Brandon Wilkie (5), O’Connell (3).

Wêreldskole: Drieë: Anele Madoli, Hakeem Adams, Byron Maree, HD Stemmet, Kyle Milfad. Doelskoppe: Mikyle Vraagom (2).

  • SACS 43 – 24 Zambezi Steelers:

SACS: Drieë: Jordan Thomas (2), Enos Ndiao (2), Rihaz Fredericks, Hlumelo Ntweni, Matthew Hayes. Doelskoppe: Hayes (2), Robin Aspeling (2).

Zambezi Steelers: Drieë: Thabonga Ngonyama (2), Allen Mawande, Tinashe Hambiro. Doelskoppe: Hambiro (2).

  • Monument 32 – 21 Hartpury College

Monument: Drieë: Luan van der Walt (2), Henco van Wyk, Ethan Snyman, Kagiso Nyamande. Doelskoppe: Byron Wentink (2). Strafskop: Wentink.

Hartpury College: Drieë: Mason Hughes, Toby Tyson, Max Rendell. Doelskoppe: Josh Phipps (3).

  • Paarl Gimnasium 50 – 22 Afrika‑Pasifiese Drake

Paarl Gimnasium: Drieë: Stravino Jacobs (2), Joshua Kirsten (2), Delarey Nel, Jacques Moller, Prevann Isaacs, Matthew Jacobs. Doelskoppe: Stephan du Toit (3), Jandré Burger (2).

AP Drake: Drieë: Jone Waisake, Tevita Ofa, Zion Tanielu, Shane van Wyk. Doelskoppe: Hoera Stephenson (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek lees net name van “geïntegreerde skole” onder aanslag van die regering om “inklusief” te wees en “polities korrek”…….Waarom sien ek nie een van Suid Afrika se “trotse” Swart Skole vol tradisie en met hulle uitmuntende prestasie rekords nie? Hoekom nie?

ChrisE ·

Spobeen wat jy waaa kwy ? Daar bestaan nie so iets nie, want daar is nie so iets nie, en sal ook nie wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.