SA-span terugverwelkom: ‘Razzmatazz, mnr. Kersfees is hier’

Chad le Clos, wat twee silwermedaljes verower het, ontvang sy tjek van R400 000 (R200 000 per medalje). Dit is sonder die bykomende R70 000 wat hy ontvang van die bedrag wat die sportminister op 23 Augustus 2016 aangekondig het (Foto: Wessel Oosthuizen/SASPA)

Chad le Clos, wat twee silwermedaljes verower het, ontvang sy tjek van R400 000 (R200 000 per medalje). Dit is sonder die bykomende R70 000 wat hy ontvang van die bedrag wat die sportminister op 23 Augustus 2016 aangekondig het (Foto: Wessel Oosthuizen/SASPA)

Fikile Mbalula, minister van sport, het Dinsdag die Suid-Afrikaanse span van Rio de Janeiro terugverwelkom waar hulle aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.

Dié span het 10 medaljes verower. Dit is slegs die derde keer in die geskiedenis wat Suid-
Afrika soveel medaljes tydens ʼn Olimpiese Spele kon inpalm.

Mbalula het tydens die verwelkoming by OR Tambo Internasionale Lughawe aan die atlete gesê hy bied ʼn ekstra finansiële beloning aan hulle.

“Toe ek vanoggend wakker word, was ek só gelukkig, dat ek besluit het om die prysgeld te verhoog,” het hy aangekondig. “Razzmatazz, mnr. Kersfees is hier.”

Wayde van Niekerk, wat ʼn gouemedalje verower en die wêreldrekord verbeter het in die 400 m vir mans, kry ʼn bykomende R150 000 tot die bestaande R400 000 wat hy reeds sou ontvang. Sy afrigter ontvang R100 000.

Caster Semenya, wat ʼn gouemedalje verower het in die 800 m vir vroue, ontvang ʼn bykomende R100 000 tot die bestaande R400 000 wat sy reeds sou ontvang. Haar afrigter ontvang ook R100 000.

Die atlete wat silwermedaljes verower het (Chad le Clos (2), Cameron van der Burgh, Luvo Manyonga, Sunette Viljoen en Shaun Keeling en Lawrence Brittain), ontvang R70 000 elk vir hulle silwermedaljes bykomend tot die R200 000 wat hulle reeds ontvang. Hulle afrigters ontvang elk R50 000.

Die bronsmedalje-atlete (Henri Schoeman en die Sewesrugbyspan) ontvang ʼn bykomende R50 000 tot die bestaande R80 000. Hulle afrigters ontvang R20 000 elk.

Van Niekerk en Viljoen kon nie die verrigtinge bywoon nie, aangesien hulle reeds op pad is na Parys waar hulle aan die Diamond League deelneem.

Mbalula het aan verslaggewers gesê die bykomende kontant kom uit die departement van sport se begroting. “Dit is die geld van sport en die mense van Suid-Afrika,” het hy gesê.

Hy het onderneem dat die span wat aan die Paralimpiese Spele deelneem, ook vergoed sal word.

Die totale vergoeding, voor die bykomende bedrae bygevoeg is, beloop R2,7 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel Strydom ·

Die meeste presteerders maak nie deel uit van sy kwotastelsel nie. Die man is ‘n grap.

Lance ·

Voorwaar n groot grap …het hy nie weer in afrikaans gevloek nie …hy dink mos hy wens guns so …met sy dolk geklem in sy ander hand. Moet ook net se daardie sweetpakke lyk almal te groot en die ontwerp stem ek saam is maar pateties …weer die cheapte goed van china gaan staan en koop lyk my .

Kiepie ·

Mnr Razzmatazz wat so vol is van homself gaan tekere asof hy die geld uit sy eie sak betaal. Meantime is dit belastingbetalersgeld wat in elk geval geoormerk was vir die ontwikkeling van sport. Pleks hy eerder hierdie geld voor die tyd beskikbaar gestel het aan die atlete om met hulle voorbereiding te help dan het ons dalk nog beter gedoen. Ek dink in elk geval nie die agbare minister het die mandaat om sommer net een oggend wakker te word en self te besluit hoe en aan wie hy die geld gaan toeken nie. Klink vir my na jakkals wat sy eie stert prys terwyl daar eintlik baie werk agter die skerms gedoen is.

charmaine ·

Arrogant verby. Niks het iets geword en nou dink hy, is wonderlik. Ook maar beter hulle so baie vir die wenners as wat hulle op KFC of Nando’s spandeer.

Kowa ·

Ek sou graag wou weet waarom kry Van Niekerk R150 000 en Semenya net R100 000? Is sy prestasie beter omdat hy ‘n man is en moet sy tevrede wees met R100 000 omdat sy ‘n vrou is?

Sune van Heerden ·

Dagsê Kowa

Dankie vir jou navraag. Die ekstra R50 000 wat Van Niekerk ontvang is vir die wêreldrekord wat hy verbeter het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Chivago ·

Jinne Kowa, verstaan jy dat die man ‘n wêreldrekord gebreek het? Hy verdien eintlik om baie meer as R50 000 ekstra te kry.

Tandtjies ·

Ek het eintlik gesit en wonder hoekom hy die selfde R400 000 as sy kry, juis omdat hy die wereld-rekord gebreuk het. Wys jou net hoe verskil mense se denke.
Trots op al die atlete van Suid-Afrika

Johann Marx ·

Mnr Kersfees is hier? Wie dink hierdie persoon is hy? Hierdie het NIKS met Kersfees uit te waai nie….en kom ek jou vertel, daai atlete het hulle jisse af gewerk, geoefen, voorberei, dieëet, en nog geoefen om hulle doelwitte te bereik….NIKS van Kersfees nie, hulle verdien elke sent van dit wat hulle kry….Ek sou vir baie meer gevra het om daai snaakse Made in China Ninja Turtle Sweetpak te dra…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.